Ontslag van maatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse reg

dc.contributor.advisorHenning, J. J.
dc.contributor.authorDu Plessis, Jean Jacques
dc.date.accessioned2017-05-02T06:40:49Z
dc.date.available2017-05-02T06:40:49Z
dc.date.issued1986-01
dc.description.abstractAfrikaans: Daar bestaan heelwat onsekerhede aangaande die ontslag van maatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse reg. Hierdie onsekerhede spruit hoofsaaklik voort uit die gebrek aan 'n konsekwente onderskeid tussen die verskillende hoedanighede waarin 'n enkele persoon teenoor die maatskappy kan staan en dié waarin hy kan staan teenoor ander individue wat by die intrakorporatiewe verhoudingstruktuur betrokke is. 'n Faktor wat gewis 'n verdere verwarrende invloed het, is die feit dat daar aan 'n begrip soos "besturende direkteur" tans geen vaste regsinhoud gekoppel kan word nie. Juis daarom word die regsposisie van die direkteur en besturende direkteur in die besonder oorweeg en word daar gewys op aspekte soos die begripsverwarring tussen die Engelse en Suid-Afrikaanse reg, probleme ten opsigte van die onderskeid tussen werknemerskap, direkteurskap en besturende direkteurskap, en word die nie-kontraktuele verhouding tussen die direkteur en die maatskappyook oorweeg. As gevolg van ontslag kan daar in sekere gevalle 'n reg op skadeloosstelling of skadevergoeding bestaan. Alhoewel die grondslag van die reg op skadevergoeding nie al tyd konsekwent verklaar word nie, kan die aanwending van gewone kontraktuele beginsels 'n belangrike rol speel in die oplossing van bestaande probleme rondom die reg op skadevergoeding. Indien kontraktuele beginsels suiwer toegepas word en die besondere posisie waarin die direkteur hom bevind, in ag geneem word is daar geen klaarblyklike rede waarom die ontwikkeling op hierdie gebied nie op 'n behoorlike beginselgrondslag geplaas kan word nie. Faktore wat egter ongetwyfeld in samehang met die kontraktuele oorwegings beskou moet word, is onder andere dat ontslag ingevolge bepalings in die maatskappykonstitusie of ingevolge die statutêre middel kan geskied, dat die reg op skadevergoeding die direkteur in bepaalde gevalle ontneem kan word en dat daar besondere oorwegings ter sprake kan kom in die geval van die besturende direkteur met 'n dienskontrak. Alhoewel die ontslag van direkteure 'n aangeleentheid is wat volledig in die maatskappykonstitusie gereël kan word, is 'n statutêre middel steeds nodig om die lede in die finale instansie beheer te gee oor die bestuur van die maatskappy. Enige statutêre middel wat die beskerming van die lede as oogmerk het en wat hierdie oogmerk wil bereik deur voorsiening daarvoor te maak dat 'n direkteur wat nie meer die belange van die maatskappy (en daarmee saam ook nie die belange van die lede nie) op die hart dra nie, ontslaanbaar moet wees, moet vir 'n verskeidenheid van gevalle voorsiening maak. Die huidige statutêre middel wat ontslag van maatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse reg reël (art 220 van die Maatskappywet 61 van 1973), voldoen wel aan sommige van die vereistes wat nodig is om gevolg aan die ware oogmerk van so 'n middel te gee. Daar bestaan egter ook heelwat leemtes wat vandag gebruik word en ook somtyds misbruik word om direkteure onontslaanbaar te maak. Hierdie gevalle het hoofsaaklik betrekking op ooreenkomste tussen die maatskappy en 'n derde, die feit dat langtermynkontrakte van direkteure nie noodwendig deur die algemene vergadering goedgekeur hoef te word nie en dat daar geen duidelikheid in die Suid-Afrikaanse reg bestaan oor die vraag of 'n belading van stemme wat net by ontslag-besluite ter sprake kom, geldig is nie. Gevolglik word wetswysigings voorgestelom hierdie leemtes uit die weg te ruim. Selfs al word die voorgestelde wetswysiging deurgevoer, sal gevalle van ex lege-beskerming teen ontslag steeds behoue bly (onder andere deur die ontslagprosedure soos vervat in die statutêre reëling en deur die feit dat die te ontslane direkteur die maatskappy met likwidasie ingevolge art 344(h) van die Wet kan dreig). Daar sal ook steeds maatreëls bestaan waardeur ontslag voorkom kan word (onder andere deur die aangaan van stemooreenkomste). Die ex lege-beskerming teen ontslag en maatreëls ter voorkoming van ontslag wat dan nog bestaan, sal egter ongetwyfeld wettig en geregverdig wees.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6170
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDirectors of corporations--Dismissal ofen_ZA
dc.subjectLaw--South Africaen_ZA
dc.subjectDissertation (LL.M. (Mercantile Law))--University of the Free State, 1986en_ZA
dc.titleOntslag van maatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse regaf
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
DuPlessisJJ.pdf
Size:
6.59 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: