Ultrastruktuur en konidiogenese in Fusarium crookwellense
dc.contributor.advisor | Van Wyk, P. S. | |
dc.contributor.author | Venter, Elrita | |
dc.date.accessioned | 2017-05-02T06:07:35Z | |
dc.date.available | 2017-05-02T06:07:35Z | |
dc.date.issued | 1986-11 | |
dc.description.abstract | Afrikaans: Die ultrastruktuur, sporulasie en sitologie van Fusarium spp. het wye aandag geniet, maar sekere basiese inligting hieromtrent is nie beskikbaar nie. Tydens die huidige bestudering van die toetsorganisme, Fusarium crookwel lense is bevind dat daar oor die algemeen ooreenstemming is tussen die huidige resultate en resultate wat aangemeld is ten opsigte van sitoplasmiese insluitsels. Verskille in hife-, konidium- en chlamydospoorwandinterpretasie het egter voorgekom en daar is bevind dat die hifewand soortgelyk aan die makrokonidiumwand is. Laasgenoemde wande bestaan uit twee lae, naamlik'n fibrillêre of fraaiingagtige buitewandlaag en binnewandlaag wat in sommige geval le as twee sones waarneembaar is. Die verskynsel van sones in die binnewandlaag kan toegeskryf word aan proteien of lipied impregnering in die wand saam met die effek van fiksering- en kleuringstegnieke. Die dikker chlamydospoorwand bestaan basies ook net uit twee lae, naamlik 'n buite disintegrerende elektrondigte laag wat die oorspronklik buitewandlaag van die hife (konidium) verteenwoordig en 'n binnewandIaag wat, aan die buitekant die oorspronkIike hife (konidium) binnewandlaag en, aan die binnekant die nuwe sekondêre wandmateriaal bevat. Verskille in elektrondigtheid in hierdie lae kan moontlik toegeskryf word aan die onderbrekingsperiode in die neerlegging van wandmateriaal en teenwoordigheid van osmofiliese materiaal in 'n gedeelte van die wand. Die wyse waarop konidiogeneselle en konidia gevorm word, word algemeen deur mikoloë as die basis van die klassifikasie van Deuteromisete aanvaar. Tydens die huidige ondersoek is twee wyses waarvolgens die eerste konidium geproduseer kan word, waargeneem. In die eerste geval is 'n septum in die konidiogenesel, weg van die apeks af, neergelê. Breuke ontstaan in die buite selwandlae net bokant die posisie waar die septum neergelê is en as gevolg van verdere ontwikkel ing van die konidium, skei die buitelae van die ou konidiogenesel op die posisie van die breuk en gee dit oorsprong aan 'n kollaret. Tydens die tweede tipe ontwikkeling is geen afsnydingseptum in die konidiogenesel neergelê nie en konidiumontwikkeling is voorafgegaan deur disintegrasie van die apikale wandarea van die konidiogenesel. 'n Kollaret het ook in laasgenoemde geval ontstaan, maar die morfologie daarvan verskiI van dié van die kollaret soos vir die eerste tipe ontwikkeling vermeld. Beide tipes ontwikkeling van die eerste konidium sal/kan tot gevolg hê dat selwandoorblyfsels op die ontwikkelende konidium aanwesig is, alhoewel die hoeveelheid materiaal wat betrokke is, kan verskiI. Hierdie twee tipes van eerste konidium ontwikkeling versoen die teenstrydige resultate wat in die literatuur aangemeld is en dui op 'n kontinuum van ontwikkeling vir die eerste konidium vanaf 'n geheel thalliese tot 'n geheel enteroblastiese wyse. Alle konidia wat na die eerste konidium gevorm word, in beide tipes van eerste konidiumontwikkeling, word holoblasties gevorm. Waar uitgebreide perikliniese verdikking in die konidiofoornek voorkom, kan konidiogenesel le regenereer en prolifereer om 'n nuwe konidiogenesel wat konidia op 'n hóêr vlak produseer, te vorm. Sitologie binne die genus Fusarium het hoofsaaklik aandag op die gebied van aantal kerne per sel, kerndeling en aantal chromosome by die onderskeie spesies geniet en slegs 'n enkele verwysing is na die voorkoms van kerne en neerlegging van septa in makrokonidia gemaak. Jong ontwikkelende konidia is sonder kerne totdat die konidium die finale grootte bereik het. Op hierdie stadium beweeg 'n dogterkern uit die konidiofoor in die konidium in en konidiumafgrensing vind waarskynlik net hierna plaas. Kerndeling vind in die konidium plaas en 'n septurn (primêre septurn) word in die middel van die konidium tussen die twee dogterkerne neergelê. Gesinchroniseerde verdeling van die twee dogterkerne vind dan plaas en septa (sekondêre septa) word neergelê om die apikale en basisselle af te grens. Hierna volg 'n tweede gesinchroniseerde kernverdeling en septa (tersiêre septa) word neergelê om beide hierdie langsliggende selle te verdeel. Volgens hierdie proses het die "normale", volwasse makrokonidium dus vyf septa en elke sel bevat een kern. Alternatiewelik is gevind dat, nadat die kern die konidium binnebeweeg het, voordat kernverdeling plaasgevind het, septa neergelê word wat die kernlose apikale- en basissellé afgrens. Volgens hierdie wyse van kerndeling en septasie ontstaan 'n konidium met ses selle, maar vier kerne. Gesinchroniseerde kerndeling kan ook tot gevolg hê dat een van die twee septa langs die primêre septurn nie neergelê word nie en 'n tweekernige sel sal dus in 'n makrokonidium met vier of ses septa in een van die selposisies langs die primêre septum geleë wees. Septumneerlegging in makrokonidia geskied dus volgens 'n definitiewe patroon en word normaalweg deur kernverdelings voorafgegaan. | af |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/11660/6168 | |
dc.language.iso | af | af |
dc.publisher | University of the Free State | en_ZA |
dc.rights.holder | University of the Free State | en_ZA |
dc.subject | Fungi imperfecti | en_ZA |
dc.subject | Dissertation (M.Sc. (Plant Science))--University of the Free State, 1986 | en_ZA |
dc.title | Ultrastruktuur en konidiogenese in Fusarium crookwellense | af |
dc.type | Dissertation | en_ZA |