Ultrastruktuur en konidiogenese in Fusarium crookwellense
Loading...
Date
1986-11
Authors
Venter, Elrita
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die ultrastruktuur, sporulasie en sitologie van Fusarium spp.
het wye aandag geniet, maar sekere basiese inligting hieromtrent
is nie beskikbaar nie. Tydens die huidige bestudering van die
toetsorganisme, Fusarium crookwel lense is bevind dat daar oor die
algemeen ooreenstemming is tussen die huidige resultate en resultate
wat aangemeld is ten opsigte van sitoplasmiese insluitsels.
Verskille in hife-, konidium- en chlamydospoorwandinterpretasie
het egter voorgekom en daar is bevind dat die hifewand soortgelyk
aan die makrokonidiumwand is. Laasgenoemde wande bestaan uit
twee lae, naamlik'n fibrillêre of fraaiingagtige buitewandlaag en binnewandlaag wat in sommige geval le as twee sones waarneembaar
is. Die verskynsel van sones in die binnewandlaag kan toegeskryf
word aan proteien of lipied impregnering in die wand saam met die
effek van fiksering- en kleuringstegnieke.
Die dikker chlamydospoorwand bestaan basies ook net uit twee lae,
naamlik 'n buite disintegrerende elektrondigte laag wat die oorspronklik
buitewandlaag van die hife (konidium) verteenwoordig en
'n binnewandIaag wat, aan die buitekant die oorspronkIike hife
(konidium) binnewandlaag en, aan die binnekant die nuwe sekondêre
wandmateriaal bevat. Verskille in elektrondigtheid in hierdie
lae kan moontlik toegeskryf word aan die onderbrekingsperiode in
die neerlegging van wandmateriaal en teenwoordigheid van osmofiliese
materiaal in 'n gedeelte van die wand.
Die wyse waarop konidiogeneselle en konidia gevorm word, word
algemeen deur mikoloë as die basis van die klassifikasie van
Deuteromisete aanvaar. Tydens die huidige ondersoek is twee
wyses waarvolgens die eerste konidium geproduseer kan word, waargeneem.
In die eerste geval is 'n septum in die konidiogenesel,
weg van die apeks af, neergelê. Breuke ontstaan in die buite
selwandlae net bokant die posisie waar die septum neergelê is en
as gevolg van verdere ontwikkel ing van die konidium, skei die
buitelae van die ou konidiogenesel op die posisie van die breuk
en gee dit oorsprong aan 'n kollaret.
Tydens die tweede tipe ontwikkeling is geen afsnydingseptum in
die konidiogenesel neergelê nie en konidiumontwikkeling is voorafgegaan
deur disintegrasie van die apikale wandarea van die
konidiogenesel. 'n Kollaret het ook in laasgenoemde geval ontstaan,
maar die morfologie daarvan verskiI van dié van die kollaret
soos vir die eerste tipe ontwikkeling vermeld. Beide tipes
ontwikkeling van die eerste konidium sal/kan tot gevolg hê dat
selwandoorblyfsels op die ontwikkelende konidium aanwesig is,
alhoewel die hoeveelheid materiaal wat betrokke is, kan verskiI.
Hierdie twee tipes van eerste konidium ontwikkeling versoen die
teenstrydige resultate wat in die literatuur aangemeld is en dui
op 'n kontinuum van ontwikkeling vir die eerste konidium vanaf 'n
geheel thalliese tot 'n geheel enteroblastiese wyse. Alle konidia
wat na die eerste konidium gevorm word, in beide tipes van eerste
konidiumontwikkeling, word holoblasties gevorm. Waar uitgebreide
perikliniese verdikking in die konidiofoornek voorkom, kan konidiogenesel
le regenereer en prolifereer om 'n nuwe konidiogenesel
wat konidia op 'n hóêr vlak produseer, te vorm.
Sitologie binne die genus Fusarium het hoofsaaklik aandag op die
gebied van aantal kerne per sel, kerndeling en aantal chromosome
by die onderskeie spesies geniet en slegs 'n enkele verwysing is
na die voorkoms van kerne en neerlegging van septa in makrokonidia
gemaak.
Jong ontwikkelende konidia is sonder kerne totdat die konidium
die finale grootte bereik het. Op hierdie stadium beweeg 'n
dogterkern uit die konidiofoor in die konidium in en konidiumafgrensing
vind waarskynlik net hierna plaas. Kerndeling vind in
die konidium plaas en 'n septurn (primêre septurn) word in die
middel van die konidium tussen die twee dogterkerne neergelê.
Gesinchroniseerde verdeling van die twee dogterkerne vind dan
plaas en septa (sekondêre septa) word neergelê om die apikale en
basisselle af te grens. Hierna volg 'n tweede gesinchroniseerde
kernverdeling en septa (tersiêre septa) word neergelê om beide
hierdie langsliggende selle te verdeel. Volgens hierdie proses
het die "normale", volwasse makrokonidium dus vyf septa en elke
sel bevat een kern.
Alternatiewelik is gevind dat, nadat die kern die konidium binnebeweeg
het, voordat kernverdeling plaasgevind het, septa neergelê
word wat die kernlose apikale- en basissellé afgrens. Volgens
hierdie wyse van kerndeling en septasie ontstaan 'n konidium met
ses selle, maar vier kerne. Gesinchroniseerde kerndeling kan ook
tot gevolg hê dat een van die twee septa langs die primêre septurn
nie neergelê word nie en 'n tweekernige sel sal dus in 'n makrokonidium
met vier of ses septa in een van die selposisies langs die
primêre septum geleë wees.
Septumneerlegging in makrokonidia geskied dus volgens 'n definitiewe
patroon en word normaalweg deur kernverdelings voorafgegaan.
Description
Keywords
Fungi imperfecti, Dissertation (M.Sc. (Plant Science))--University of the Free State, 1986