Die vestiging en ontwikkeling van die Vaalhartsbesproeiingskema 1938-1990
| dc.contributor.advisor | Marais, A. H. | |
| dc.contributor.advisor | Barnard, S. L. | |
| dc.contributor.author | De Jager, Abraham Matthys van Aarde | |
| dc.date.accessioned | 2021-01-19T07:03:58Z | |
| dc.date.available | 2021-01-19T07:03:58Z | |
| dc.date.issued | 1994-04 | |
| dc.description.abstract | Die ontdekking in 1873 van die topografiese eigenaardigheid dat die bedding van die Vaalrivier in die omgeving van Veertien Strome aansienlik hoër geleë is as die Hartsriviervallei, was van die uiterste belang vir die toekomstige ontwikkeling van die gebied. Dit het beteken dat dit moontlik sou wees om die vallei met water uit die Vaalrivier te besproei, onder enige pompinstallaties. Nadat hierdie ontdekking gemaak was, is dit logies om te vra water pogings aangewend sou word om die moontlikheid van besproeiing te realiseer, en waarom die pogings misluk het. Hierby aansluitend volg die vraag watter omstandigheden meegebring het dat wetlike magtiging vir die bou van die Skema uiteindelik verleen was toe Wet No. 38 van 1934 op die Vaalrivier-Uitbreidingskema op 15 Mei 1934 deur die Parlement met slegs drie teenstemme goedgekeur was. Die studie beoog 'n soeke na antwoorde op die voorafgaande sowel as 'n legio ander aanverwante vrae soos byvoorbeeld onder watter voorwaardes die persele oorspronklik toegeken is; watter faktore het bygedra tot die fenomenale groei van die landbouproduksie; watter faktore het bygedra tot die saamgroei van honderde enkelinge, aanvanklik vreemdelinge vir mekaar, tot 'n hegte gemeenskap met gemeenskaplike strewes en ideale en wat is die waarde en betekenis van die Vaalhartsbesproeiingskema vir die omliggende gebied en vir Suid-Afrika in geheel. | en_ZA |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/11660/10915 | |
| dc.language.iso | af | en_ZA |
| dc.publisher | University of the Free State | en_ZA |
| dc.rights.holder | University of the Free State | en_ZA |
| dc.subject | Irrigation | en_ZA |
| dc.subject | South Africa | en_ZA |
| dc.subject | Vaalharts | en_ZA |
| dc.subject | History | en_ZA |
| dc.subject | Thesis (Ph.D. (History))--University of the Free State, 1994 | en_ZA |
| dc.title | Die vestiging en ontwikkeling van die Vaalhartsbesproeiingskema 1938-1990 | en_ZA |
| dc.type | Thesis | en_ZA |
