Die plek en rol van skakelwerk aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat

Loading...
Thumbnail Image
Date
1977-12
Authors
Reinecke, Philippus Jacobus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: In hierdie studie is in ontleding onderneem van die plek en rol van skakelwerk aan die UOVS. Dit is in analitiese studie wat gegrond is op primêre bronne asook sekondêre bronne wat as bylaes aangeheg is. In hoofstuk I is die uitgangspunt gestel oor wat skakelwerk is en behels. Die element van voorligting, wat wesentlik in skakelwerk is, is gestel teenoor inligting en behandel as oorredingskommunikasie. In hoofstuk II is die plek van skakelwerk in In organisasie gestel. Die opkoms van skakelwerk in die bedryf en die noodsaaklikheid van 'n skakelafdeling of -beampte is gestel. Vervolgens is die opkoms van skakelwerk aan universiteite, veral in die VSA, dan kortliks gestel. In hoofstuk III is die noodsaaklikste beginsels van In skakelprogram ontleed aan die hand van beplannings-, toepassings- en evalueringsfases. In die daaropvolgende hoofstuk is die beginsels wat in hoofstuk III gestel is deurgetrek tot skakelwerk aan In universiteit. In hoofstuk V is 'n ontleding gedoen van die Buro vir Ontwikkeling en Openbare Betrekkinge van die UOVS. 'n Uiteensetting van die plek van die afdeling in die beleidshiërargie is gegee asook van die rol wat die vervul t.o.v. bv. beeldbou en skolevoorligting. In die slothoofstuk is sekere bevindinge en aanbevelinge gedoen. Aanbevelinge is t.ov. aanpassinge by moderne praktyke, vaartbelyning en die status van die Buro gedoen. So word 'n naamsverandering voorgestel. Die studie beklemtoon die noodsaaklikheid van 'n georganiseerde Buro vir skakeldienste -- 'n afdeling wat vir die UOVS van onskatbare waarde is.
Description
Keywords
Public relations, University of the Free State, Universities and colleges -- South Africa -- Free State, Dissertation (M.A. (Communication Science))--University of the Free State, 1978
Citation