Registrasie en lisensiëring van motorvoertuie in die Oranje-Vrystaat

dc.contributor.advisorFourie, P. C.
dc.contributor.authorVan Wyk, Abraham Cornelius
dc.date.accessioned2017-04-26T07:11:12Z
dc.date.available2017-04-26T07:11:12Z
dc.date.issued1982-11
dc.description.abstractAfrikaans: Die huidige metodes van registrasie en lisensiëring van motorvoertuie het die ontwikkeling van omvangryke stelsels met groot oganisatoriese komponente in elk van die onderskeie provinsies meegebring. Die onderskeie instellings verskaf werk aan honderde amptenare in elke provinsie, terwyl van die mees moderne en gesofistikeerde toerusting ter waarde van miljoene rande in gebruik is. Voorstelle wt 'n wesenlike verandering van bestaande reëlings tot gevolg gaan hê, indien dit aanvaar sou word, sal waarskynlik weerstand uitlok. In hierdie verband is die volgende standpunt van Cloete relevant: "Nevertheless the retention of time-honoured policies, institutions and practices should be questioned... Care should be exercised not to confuse basic policy issues with executive (administrative) issues. In other words do not confuse the what of public sector activities with the how! ...Although political office-bearers as well as officials could have the best intentions they could slide into empire-building. The unfortunate result is that the well intended empire could become an anachronism which is counter-productive. Yet every anachronism tends to become sacrosanct and surrounded by vested interests which will defend it with blind ferocity against one and all." Weens die tekort aan geskoolde personeel behoort die persone betrokke, egter met groot voordeel vir meer noodsaaklike dienste gebruik te kan word. Net so sal die arbeidsbesparende toerusting ook elders sonder probleme aangewend kan word. Die toerusting is tot 'n groot mate van die moderne elektroniese tipes wat wees hul gesofistikeerdheid en aanpasbaarheid vir 'n verskeidenheid gebruike aanwendbaar is. Die voorgestelde stelsel van motorvoertuigregistrasie is nie net eenvoudiger en meer prakties nie, maar skakel alle leemtes van die huidige verskillende stelsels, soos in onderskeie provinsies toegepas, uit. Die huidige stelsel vir die byhou van die motorvoertuigregisters is besonder arbeidsintensief en ingewikkeld. Om hierdie rede vereis dit deurlopende opleiding van personeel wat andresins foute sal maak. Die foute skep meer werk omdat regstellings gedoen moet word en ten spyte daarvan is die registers selde volkome betroubaar. Die voorgestelde stelsel sal onder andere die voornoemde probleme geheel uitskakel omdat die byhou van die register nie meer nodig sal wees nie. Die stelsel maak voorsiening vir alle geïdentifiseerde behoeftes op 'n meer effektiwe maar ook goedkoper wyse. Beheer oor motorvoertuigeienaars of -bestuurders sal volgens 'n gesentraliseerde stelsel die mees effektiewe maatreëls bevat wat op 'n eenvormige basis landwyd kontroleerbaar is. Die stelsel beskik ook oor die inherente eienskappe dat dit spontane kotnrole-eienskappe bevat wat onverantwoordelike optredes kan verminder. Die gedesentraliseerde beheer oor die eienaarskap van motorvoertuie, wat in wese 'n diens aan die gemeenskap is, sal meehelp dat 'n beter diens ge lewer kan word. Vir hierdie beter diens kan plaaslike owerhede bo-en-behalwe administrasiekostes , ook 'n addisionele, maar heel moontlik noodsaaklike en regverdigbare inkomstebron ontgin. Daar die huidige motorvoertuiglisensiëringstelsel egter geheel afhanklik is van die bestaande motorvoertuigregistrasiestelsel, sal die vervanging van die lisensiëringstelsel met 'n brandstofbeIastingstelsel, hoë prioriteit moet geniet. Soos reeds gestel is die stelsels van registrasie en lisensiëring van motorvoertuie in so 'n mate interafhanklik, dat die vervanging of wysiging van enige van die stelsels nie sonder inagneming van die ander gedoen kan word nie. Die voorgestelde stelsels hou egter soveeI voordele, wat betref finansiële besparings, meer effektiewe dienslewerinq en regverdigheid teenoor die algemene publiek in, dat dit verdere intensiewe beoordeling deur die besluitnemers regverdig.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6161
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectAutomobiles -- Registration and transfer -- South Africa -- Free Stateen_ZA
dc.subjectAutomobiles -- Registration and transferen_ZA
dc.subjectDissertation (M.P.A. (State and Municipal Administration))--University of the Free State, 1982en_ZA
dc.titleRegistrasie en lisensiëring van motorvoertuie in die Oranje-Vrystaataf
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanWykAC.pdf
Size:
7.66 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: