Die beskerming van kredietwaardigheid in die Suid-Afrikaanse reg
Loading...
Date
1986-01
Authors
Klopper, Hendrik Balsazer
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die probleem wat in hierdie studie hanteer word, is of kredietwaardigheid
werklik met die persoonlikheidsregtelike lama van 'n persoon gelykgeskakel
kan word en of dit daarmee ooreenstem soos wat tans die siening van die
geldende reg is.
Leiding moet noodwendig by die kredietgewingspraktyk in die feitelike werklikheid
gesoek word omdat dit die taak van die regswetenskap is om verskynsels
in die feitelike werklikheid tot regulerende regsreëls te herlei. Die
werklikheidsbeskouing van kredietwaardigheid toon merkbare afwyking van
die regswerklikheid. Kredietwaardigheid in die feitelike werklikheid word
omskryf as die vertroue wat die kredietontvanger (skuldenaar) by die kredietgewer
(skuldeiser) verwek in die wil en vermoë om sy finansiële verpligtinge
te kan nakom. Die beskouing van die reg van kredietwaardigheid moet dan
aan die hand hiervan geskied.
Sekere regstelsels verleen direkte erkenning aan kredietwaardigheid en is in
pas met die werklikheidsbeskouing van kredietwaardigheid. (Die Duitse,
Oostenrykse en tot 'n mate, die Nederlandse reg). Ander regstelsels plooi
weer die beginsels van die lasterdelik om beskerming te bewerkstellig terwyl
sommiges statutêre beskerming bied (Engeland, Amerika en Kanada). Hierdie
wetgewing het ook 'n voorkomende uitwerking.
Die Romeinse en Romeins-Hollandse reg erken nie kredietwaardigheid as 'n
spesifieke belang nie en ook is daar besliste twyfel of hierdie regstelsels
kredietwaardigheid as 'n faset van dié fama geken het. Tog word daar tekste
in hierdie regstelsels aangetref wat verwys na die vertrouenselement wat in
kredietwaardigheid te vinde is.
Die Suid-Afrikaanse reg benader kredietwaardigheid as synde 'n faset van
die persoonlikheidsregtelike lama of as sinoniem daarvan en wend die lasteraksie
aan om beskerming daarvan te bewerkstellig. Omdat kredietwaardigheid
in die werklikheid nie die lama van'rtpersoon is nie, word van die erkende
beginsels van die lasteraksie afgewyk om beskerming te bewerkstellig. So
word weinig aandag aan die onregmatigheids- en skuldelement gegee en in
sommige gevalle word onregmatigheid en skuld (opset) selfs verontagsaam
ten einde kredietwaardigheid te beskerm. Kredietwaardigheid verskil in
wesensopsigte van fama en hierdie andersheid word beklemtoon deur die feit
dat 'n regspersoon wat oor geen persoonlikheidsregtelike fama kan beskik nie,
tog kredietwaardig kan wees. Kredietwaardigheid kan nie met die persoonlikheidsregtelike
lama gelykgeskakel word nie. So 'n gelykskakeling beteken dat
die verlies aan lama ook verlies aan kredietwaardigheid meebring wat nie
noodwendig die geval is nie. Hierdie gelykskakeling misken ook een van die
grondelemente van kredietwaardigheid, naamlik die vermoë om te kan betaal.
Die aantasting van kredietwaardigheid gee in die meeste gevalle aanleiding
tot vermoënskade wat 'n aanduiding is van die belang wat betrokke is, naamlik
'n vermoënsbelang. lndien 'n regswetenskaplike nis vir kredietwaardigheid
gesoek word, resoneer dit as subjektiewe reg onder die immateriële goedereregte
synde 'n geesteskepping van die mens op ekonomiese gebied. Daarby
voldoen kredietwaardigheid aan al die vereistes vir 'n subjektiewe reg.
Omdat kredietwaardigheid 'n vermoënsreg, te wete 'n immateriële goedereg
is, is die beginsels van die actio legis Aquiliae daarop van toepassing wat
beteken dat nalatigheid voldoende is om aanspreeklikheid te vestig. Skade
weens kredietwaardigheidsaantasting is ook met 'n redelike mate van juistheid
berekenbaar. Dit beteken egter nie dat die aantasting van kredietwaardigheid
nie tot 'n aksie vir genoegdoening aanleiding kan gee wanneer die benadeelde
kan aantoon dat die kredietbenadelende bewering ook sy fama of dignitas aangetas
het nie. In so 'n geval moet die sekondêre betekenis van die bewering
egter blyk omdat die klassieke inbreukmakingshandeling tegelyk regmatig en
onregmatig kan wees.
Uit die gelyktydige regmatigheid en onregmatigheid van die inbreukrnakingshandeling
ontstaan 'n dilemma omdat die benadeelde nie weet waarom krediet
hom geweier word nie. Hierdie verskynsel veroorsaak dat die gemeneregtelike
aksies, alhoewel voldoende, nie prakties beskerming kan bied nie. Om hierdie
gebrek te verwyder beteken dat wetgewing ter verpligting van die openbaarmaking
van inligting met die behoud van die gemeneregtelike aksies en
wat terselfdertyd die geldigheid en verspreiding van sulke inligting beheer,
noodsaaklik is. Nie alleen sal dit inbreukmakings voorkom en beskerming
verhoog nie, maar sal dit ook die geleentheid bied om inbreukmakings op
privaatheid weens die versameling en verspreiding van kredietinligting te
beheer.
Description
Keywords
Credit -- Law and legislation -- South Africa, Thesis (LL.D. (Private Law))--University of the Free State, 1986