Die voorkoms van visuele persepsieprobleme en die effektiwiteit van arbeidsterapie groepbehandeling onder Graad 1 kleurling leerders

dc.contributor.advisorVan Jaarsveld, A.
dc.contributor.authorVan Romburgh, Jacomina Adriana
dc.date.accessioned2017-10-31T10:54:34Z
dc.date.available2017-10-31T10:54:34Z
dc.date.issued2006-11
dc.description.abstractVisueel-perseptuele vaardighede speel 'n belangrike rol in 'n kind se suksesvolle vordering op skool. Graad 1-leerders word gekonfronteer met belangrike ontwikkelingstake, soos skoolaanpassing, sosiale aktiwiteite en akademiese verwagtings ten einde hulle voor te berei om 'n bydrae te lewer tot die gemeenskap waarin hulle woon. Visueel-perseptuele vaardighede lê die fondament vir daaropvolgende ontwikkeling ten opsigte van hoër kognitiewe vaardighede. Agterstande ten opsigte van visuele persepsie kan lei tot probleme met skooltake soos lees, spelling, handskrif, visueel-motoriese koërdinasie en wiskunde. Deur doeltreffende terapie kan funksionele probleme in 'n kind se lewe voorkom word. Vroeë intervensie kan 'n kind help om basiese vaardighede te ontwikkel wat die fondament vorm waarop formele onderrig of funksionele vaardighede gebou kan word. Arbeidsterapie-intervensie onder kinders het ten doelom hul funksionaliteit te verbeter en te kompenseer vir beperkte deelname deur middel van terapeutiese, doelgerigte en ouderdomsrelevante aktiwiteite of omgewingsaanpassings. Suksesvolle terapie kan 'n kind help om aan daaglikse aktiwiteite deel te neem wat vir hom doelgerig en betekenisvol is. Arbeidsterapeute wat met skoolgaande kinders werk, is gemoeid met 'n kind se vermoë om take en aktiwiteite, wat 'n invloed op sy skoolfunksionering het, so funksioneel moontlik uit te voer. 'n Kind maak staat op sy vaardighede om volgens sy potensiaal te funksioneer. Kinders het nie gelyke geleenthede vir die ontwikkeling van visuele persepsie nie. Perseptuele probleme kom by kinders van verskillende ouderdomme voor en kan verskeie oorsake hê. Kinders met emosionele probleme asook ontwikkelingsagterstande toon dikwels perseptuele probleme. Dit hang gewoonlik nou saam met die soort stimulasie waaraan hulle blootgestel is. Die aantal kinders wat remediëring of hulp in die grondslagfase benodig, vermeerder toenemend en neem kommerwekkende afmetings aan. Dit word vererger deur 'n leemte in bestaande dienslewering in die gemeenskap om ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Buiten dat privaatterapie kostes inhou, is daar nie 'n privaat arbeidsterapie-diens in die Heidedalof omliggende woonbuurtes beskikbaar nie. As gevolg van lae sosio-ekonomiese omstandighede en maatskaplike probleme in 'n gemeenskap, kan 'n gebrek aan stimulasie noodsaak dat 'n kind hulp moet ontvang om sy visueel-perseptuele vaardighede te ontwikkel. Kinders met visueel-perseptuele agterstande moet die geleentheid kry om deel te neem aan terapie ten einde hul skolastiese vermoë te verbeter en hul potensiaal te bereik. Die behandeling van kinders met persepsieprobleme in privaatpraktyk en by hospitale geskied hoofsaaklik individueel. Die studie het aangetoon dat daar In baie hoë voorkoms van visueel-perseptuele probleme onder graad 1 Kleurlingkinders in Heidedal, Mangaung is. Die studie het verder getoon dat arbeidsterapie-intervensie by beide individuele- en groepterapie In positiewe invloed op die kinders se visueel-perseptuele vaardighede gehad het. Geen statisties beduidende verskille tussen individuele- en groepterapie vir die behandeling van visueel-perseptuele probleme het voorgekom nie. Dit blyk egter dat die kinders wat in groepe terapie ontvang het, neig om meer te verbeter ten opsigte van hul algemene visuele persepsie en visueel-motoriese integrasie vaardighede. Behandeling in groepe lei tot meer effektiewe benutting van mannekrag, tyd en finansiële bronne. Deur kinders in groepe te behandel kan In groter aantal kinders bereik word in die arbeidsterapeut se hantering van kinders met visueel perseptuele agterstande.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7370
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectVisual perception in childrenen_ZA
dc.subjectOccupational therapy for childrenen_ZA
dc.subjectVision disordersen_ZA
dc.subjectDevelopmental disabilitiesen_ZA
dc.subjectDissertation (M. Occupational Therapy (Occupational Therapy))--University of the Free State, 2006en_ZA
dc.titleDie voorkoms van visuele persepsieprobleme en die effektiwiteit van arbeidsterapie groepbehandeling onder Graad 1 kleurling leerdersaf
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanRomburghJA.pdf
Size:
4.88 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: