Die voorkoms van visuele persepsieprobleme en die effektiwiteit van arbeidsterapie groepbehandeling onder Graad 1 kleurling leerders
Loading...
Date
2006-11
Authors
Van Romburgh, Jacomina Adriana
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Visueel-perseptuele vaardighede speel 'n belangrike rol in 'n kind se suksesvolle vordering op
skool. Graad 1-leerders word gekonfronteer met belangrike ontwikkelingstake, soos
skoolaanpassing, sosiale aktiwiteite en akademiese verwagtings ten einde hulle voor te berei
om 'n bydrae te lewer tot die gemeenskap waarin hulle woon. Visueel-perseptuele
vaardighede lê die fondament vir daaropvolgende ontwikkeling ten opsigte van hoër
kognitiewe vaardighede. Agterstande ten opsigte van visuele persepsie kan lei tot probleme
met skooltake soos lees, spelling, handskrif, visueel-motoriese koërdinasie en wiskunde. Deur
doeltreffende terapie kan funksionele probleme in 'n kind se lewe voorkom word. Vroeë
intervensie kan 'n kind help om basiese vaardighede te ontwikkel wat die fondament vorm
waarop formele onderrig of funksionele vaardighede gebou kan word.
Arbeidsterapie-intervensie onder kinders het ten doelom hul funksionaliteit te verbeter en te
kompenseer vir beperkte deelname deur middel van terapeutiese, doelgerigte en
ouderdomsrelevante aktiwiteite of omgewingsaanpassings. Suksesvolle terapie kan 'n kind
help om aan daaglikse aktiwiteite deel te neem wat vir hom doelgerig en betekenisvol is.
Arbeidsterapeute wat met skoolgaande kinders werk, is gemoeid met 'n kind se vermoë om
take en aktiwiteite, wat 'n invloed op sy skoolfunksionering het, so funksioneel moontlik uit te
voer. 'n Kind maak staat op sy vaardighede om volgens sy potensiaal te funksioneer. Kinders het nie gelyke geleenthede vir die ontwikkeling van visuele persepsie nie. Perseptuele
probleme kom by kinders van verskillende ouderdomme voor en kan verskeie oorsake hê.
Kinders met emosionele probleme asook ontwikkelingsagterstande toon dikwels perseptuele
probleme. Dit hang gewoonlik nou saam met die soort stimulasie waaraan hulle blootgestel is.
Die aantal kinders wat remediëring of hulp in die grondslagfase benodig, vermeerder
toenemend en neem kommerwekkende afmetings aan. Dit word vererger deur 'n leemte in
bestaande dienslewering in die gemeenskap om ontwikkelingsagterstande aan te spreek.
Buiten dat privaatterapie kostes inhou, is daar nie 'n privaat arbeidsterapie-diens in die
Heidedalof omliggende woonbuurtes beskikbaar nie. As gevolg van lae sosio-ekonomiese
omstandighede en maatskaplike probleme in 'n gemeenskap, kan 'n gebrek aan stimulasie
noodsaak dat 'n kind hulp moet ontvang om sy visueel-perseptuele vaardighede te ontwikkel. Kinders met visueel-perseptuele agterstande moet die geleentheid kry om deel te neem aan
terapie ten einde hul skolastiese vermoë te verbeter en hul potensiaal te bereik. Die
behandeling van kinders met persepsieprobleme in privaatpraktyk en by hospitale geskied
hoofsaaklik individueel.
Die studie het aangetoon dat daar In baie hoë voorkoms van visueel-perseptuele probleme
onder graad 1 Kleurlingkinders in Heidedal, Mangaung is. Die studie het verder getoon dat
arbeidsterapie-intervensie by beide individuele- en groepterapie In positiewe invloed op die
kinders se visueel-perseptuele vaardighede gehad het. Geen statisties beduidende verskille
tussen individuele- en groepterapie vir die behandeling van visueel-perseptuele probleme het
voorgekom nie. Dit blyk egter dat die kinders wat in groepe terapie ontvang het, neig om meer
te verbeter ten opsigte van hul algemene visuele persepsie en visueel-motoriese integrasie
vaardighede.
Behandeling in groepe lei tot meer effektiewe benutting van mannekrag, tyd en finansiële
bronne. Deur kinders in groepe te behandel kan In groter aantal kinders bereik word in die
arbeidsterapeut se hantering van kinders met visueel perseptuele agterstande.
Description
Keywords
Visual perception in children, Occupational therapy for children, Vision disorders, Developmental disabilities, Dissertation (M. Occupational Therapy (Occupational Therapy))--University of the Free State, 2006