Die "gesuiwerde" Nasionale Party 1935-1940

dc.contributor.advisorOberholster, J. J.
dc.contributor.authorLe Roux, Jan Hendrik
dc.date.accessioned2017-03-28T08:48:15Z
dc.date.available2017-03-28T08:48:15Z
dc.date.issued1972
dc.description.abstractAfrikaans: Met hierdie verhandeling word gepoog om 'n uiteensetting te gee van die totstandkoming van die "Gesuiwerde" Nasionale Party en sy bestaan gedurende die jare 1934 en 1940. Ten einde die stigting van die Party na behore te begryp, was dit nodig om kortliks die gebeure rondom koalisie en samesmelting in 1933 en 1934 na te speur. Op die stigting van die Party het ses troebele jare gevolg, waarin daar diverse invloede op die Afrikaner en die Party ingewerk het. die eenheidsideaal wat met soveel ywer nagestreef is, het die Party steeds ontwyk. Na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die sogenaamde Herenigde Nasionale Party of Volksparty tot stand gekom wat, hoewel nie volkome hereniging van die Afrikaner op politieke gebied gebring het nie, tog 'n nuwe era van samewerking ingelui het. Die tydperk wat deur hierdie verhandeling gedek word, is reeds sydelings in verskeie werke oor die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis belig. Veral het M. P. A. Malan in Die Nasionale Party van Suid-Afrika en G. D. Scholtz in sy biografie van dr. N. J. van der Merwe waardevolle inligting oor die tydperk verstrek. Dit is egter getrag om veel dieper te delf. Heelwat gebeure kon slegs aan die hand van koerantberigte nagespeur word. Die Burger, Die Volksblad en die Transvaler wat as partymondstukke van die Nasionale Party gedien het, was in hierdie verband die hoofbronne waaruit stof versamel is. Daarbenewens egter is eerstehandse kennis verkry uit die private dokumenteversamelings van die E. H. Louw, E. G. Jansen, M. P. A. Malan en die kongresnotules en Nasionale Party stukke wat in die Instituut vir Eietydse Geskiedenis aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat bewaar word. Die N. J. van der Merwe-versameling in die Vrystaatse Argief was van buitengewone belang, maar ongelukkig was die privaat-versameling van genl. J. B. M. Hertzog en dr. D. F. Malan nie vir navorsing beskikbaar nie.af
dc.description.sponsorshipRaad vir Geesteswetenskaplike Navorsingen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6020
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectNational Party (South Africa)en_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (History))--University of the Free State, 1972en_ZA
dc.titleDie "gesuiwerde" Nasionale Party 1935-1940af
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
LeRouxJH.pdf
Size:
26.9 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: