Die ontwikkeling van kommunikasie in die Oranje-Vrystaat, 1854-1886

dc.contributor.advisorVan Schoor, M. C. E.
dc.contributor.authorGericke, Friedrick Wilhelm
dc.date.accessioned2021-09-03T09:44:02Z
dc.date.available2021-09-03T09:44:02Z
dc.date.issued1968-10
dc.description.abstractDie ontwikkeling van kommunikasie in die Oranje-Vrystaat, 1854-1869 is in hoofsaak 'n histories-administratiewe studie van die ontwikkeling in die Pos- en Telegraafdepartemente in die Vrystaat tot voor die ontdekking van goud in Transvaal. Die enigste werk wat enigsins met die onderwerp verband hou is die van P. J. H. S. Grobler, Poswese van die Zuid-Afrikaanse Republiek. Die genoemde werk behandel egter net die ontwikkeling van die Poswese in Transvaal, maar selfs die verbinding met die Vrystaat is nie altyd voldoende aangetoon nie. Ten opsigte van inhoud, aanbieding en benaderingswyse verskil hierdie verhandeling ook radikaal met die van P. J. H. S. Grobler. Aanvanklik is ‘n blote historiese siening van Kommunikasie beoog, maar dit het gaandeweg geblyk dat ook die administrasie van die Pos- en Telegraafdepartemente betrek moes word. Daarsonder sou die historiese beeld immers onvolledig wees. Omdat die argief van die Posmeester-generaal van die O.V.S. in 1908 deur 'n brand vernietig is, moes alle dokumente wat enige moontlike stof vir die verhandeling kon lewer, nagevors word. Die proses het die navorsing aansienlik bemoeilik, maar het tog die gewenste resultate opgelewer. Sodoende kon 'n redelik juiste beeld van die kommunikasiestelsel bepaal word. Desnieteenstaande is dit tog jammer dat dokumente wat bv. briewe van die Posmeester-generaal of instruksies in verband met die funksies van die telegraafbeamptes bevat het, nie beskikbaar is nie. Die enigste koerant wat 'n deurlopende beeld van kommunikasie gee was The Friend of the Free State. In De Express is nie die tenders, soos in die Gouvernements Courant en The Friend geplaas, gepubliseer nie. Eersgenoemde koerant het alleen nuusberiggies in verband met Kommunikasie bevat, terwyl The Friend dikwels sodanige berigte volledig, soms met kommentaar daarby, geplaas het. Vir The Friend was die Pos- en Telegraafdepartemente dus van wesenlike belang, terwyl De Express slegs daarna verwys het. The Friend het dan ook dikwels die voortou geneem ten einde kommunikasie te verbeter of nuwe dienste ingestel te kry. Geen ander literatuur, behalwe die aangehaalde werk van J. Easton het, enigsins betrekking op die organisatoriese reëlings (behalwe amptenare) in die Pos- en Telegraafdepartemente nie. Ten opsigte van die politieke en finansiële gesag bestaan daar verskeie werke. Hier is veral die werk van P.C. Fourie, Die Administrasie van die Oranje-Vrystaat tot 1859, van belang waarin tot 1859 'n getroue beeld van die staatsadministrasie in die Vrystaat verstrek word.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/11253
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (History))--University of the Free Stateen_ZA
dc.subjectTelecommunication -- South Africa -- Free Stateen_ZA
dc.subjectTelecommunication -- Historyen_ZA
dc.titleDie ontwikkeling van kommunikasie in die Oranje-Vrystaat, 1854-1886en_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
GerickeFW.pdf
Size:
15.31 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: