Gebaretaaltolkopleiding in Suid-Afrika - 'n inleidende studie
Master’s Dissertation Multilingual record · 2 languages
View this record in
Viewing available metadata in English
Abstract
Afrikaans
As gevolg van verskeie faktore, bestaan daar tans 'n dringende behoefte aan
Gebaretaaltolke in Suid-Afrika. Indien sodanige tolkdienste wel bestaan, is die tolke
grootliks onopgelei en word kwaliteittolkwerk nie gelewer nie. Die LANGTAG-verslag
dui hierdie behoefte aan wydverspreide Gebaretaaldienste aan en in die
1996-Grondwet word bepaal dat daar, onder die vleuels van PANSAT, geleenthede
geskep moet word vir die ontwikkeling van Gebaretaal. Gedurende die afgelope
paar jaar, sedert die Suid-Afrikaanse Dowe gemeenskap hegter funksioneer, vind
daar ook groter bedinging vir die regte en spesifiek taalregte van Dowes plaas.
DEAFSA speel hierin 'n belangrike rol. Weens hierdie behoefte aan bevoegde
Gebaretaaltolke, aanbevelings deur LANGTAG en die grondwetlike bepalings
rakende Gebaretaal en taalregte oor die algemeen, bestaan daar 'n dringende
behoefte aan opleidingsgeleenthede vir Gebaretaaltolke. Kennis rakende die
tolkproses, tolkstrategieë, die betrokke tale, etiese kwessies en vele ander aspekte
van die tolkproses is noodsaaklik ten einde kwaliteittolkwerk te verseker. In Julie en
Oktober 1997 is 'n Gebaretaaltolkopleidingsoriënteringskursus, in samewerking met
DEAFSA, deur die Universiteit van die Oranje-Vrystaat aangebied. Hierdie kursus
was die eerste van sy soort in Suid-Afrika, het vier weke geduur en was gefokus op
skakeltolkopleiding aan 'n twintigtal tolke van verskeie provinsies wat reeds ervaring
van tolkwerk gehad het. Meer omvattende opleiding is egter noodsaaklik ten einde
uiteindelik te verseker dat Gebaretaaltolkdienste meer geredelik beskikbaar word vir
die Dowe gemeenskap.
Hierdie studie verskaf, na die bestudering van verskeie ander Gebaretaaltolkopleidingsprogramme, 'n basiese model vir omvattende Gebaretaaltolkopleiding in 'n
Suid-Afrikaanse konteks.
Keywords
English
Deaf -- Means of communication Sign language Interpreters for the deaf -- Study and teaching (Higher) -- South Africa -- Bloemfontein
Record information
Authors
Ceronio, Ronelle
Publisher
University of the Free State
Advisors
Lotriet, A.
Erasmus, M.
Description
Dissertation (M.A. (General Linguistics)) - University of the Free State, 1997