'n Ondersoek na evalueringsmetodes vir die versameling van 'n medium-groot universiteitsbiblioteek met spesiale verwysing na die Frik Scott Mediese Takbiblioteek

Loading...
Thumbnail Image
Date
1985-01
Authors
Hills, Johanna Jacoba
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Research was carried out into scientifically reliable and timesaving methods to evaluate the collection of a medium-sized university library with limited financial resources. The evaluation should be executable by subject librarians who do not necessarily have a knowledge of all the subjects under their control. The study was conducted at the Frik Scott Library, a medical branch library of the University of the Orange Free State. During a comprehensive literature search, thirteen evaluation methods were identified. These methods were, as far as possible, tested in the Frik Scott Library. As certain questions arose, a study tour of the United States of America was undertaken to seek solutions at university libraries in that country and to compare techniques. Afterwards the methods employed at the Frik Scott Library were once again critically assessed. Where necessary, adaptations were made accordingly. Only one premise could not be carried out, namely that the evaluation must be scientifically reliable. However, if the recommendations are followed by using several methods, one should come as close as possible to this ideal.
Afrikaans: Ondersoek is ingestel na wetenskaplik betroubare en tydbesparend metodes waarmee die versameling van 'n medium-groot universiteitsbiblioteek met beperkte finansiële hulpbronne geëvalueer kan word. Die evaluering moes uitgevoer kon word deur inlitingsbeamptes wat nie noodwendig kennis dra van al die vakke onder hulle beheer nie. Die ondersoek is uitgevoer by die Frik Scott-biblioteek, 'n mediese takbiblioteek van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Tydens 'n omvattende literatuurstudie is dertien evalueringsmetodes geidentifiseer. Hierdie metodes is sover moontlik almal in die Frik Scott-biblioteek getoets. Na aanleiding van sekere vrae wat ontstaan het, is 'n studiereis na die Verenigde State van Amerika onderneem om oplossings by die universiteitsbiblioteke daar te probeer vind en metodes te vergelyk. Hierna is die metodes wat by die Frik Scott-biblioteek toegepas is, weer eens krities onder die loep geneem en die nodig aanpassings is gemaak. Slegs een uitgangspunt kon nie uitgevoer word nie, naamlik dat die evaluering wetenskaplik betroubaar moet wees. Indien die aanbeveling dat verskeie metodes aangewend word, uitgevoer word, kan die resultate egter so na daaraan as moontlik wees.
Description
Keywords
Thesis (D.Bibl. (Library and Information Science))--University of the Free State, 1985, Academic libraries -- South Africa -- Bloemfontein, Collection development (Libraries)
Citation