Modelling the potential impact of a water market in the Berg River Basin
Loading...
Date
2001-01
Authors
Louw, Daniƫl Barend
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: An increasing number of economists believe that market mechanisms should be incorporated
in water allocation policies. It is widely recognised that central planning as an economic
system has been inefficient. In fact, it is impossible to plan efficiently from the centre, and
the bigger and more open the economy is, the more impossible it becomes.
The literature abounds with models for analysing alternative water allocation mechanisms.
However, the positive mathematical programming (PMP) technique, which was introduced in
this study, to calibrate the regional water market, is a relatively new approach. Modelling of
water markets in South Africa has received very little interest in the past. This is probably
because formal water markets were not permitted in the old Water Act (1956).
The new National Water Act (1998) makes explicit provision for the transfer of water rights.
However, the rules and procedures for introducing water markets have not been stipulated.
To date no attempt has been made in South Africa to develop methodologies to simulate
water markets. According to the new National Water Act one of the most important tasks of
Catchment Management Agencies (CMA's) will be to design water allocation strategies for
each of the major catchments in South Africa. This study contributes to enhance the capacity
of water authorities to make economically sensible water allocation decisions.
Without a market price, there is little or no incentive to use water efficiently. True pricing
will lead to highest-value uses (e.g. drinking water and the production of high value
products). Creating incentives for the most-valuable economic use of water will provide
certainty; increase supply for more efficient uses, and create an even playing field for all
water users including natural systems.
There are legitimate concerns that the market mechanism per se will not guarantee equity.
Government therefore has an important role to play in ensuring that the rules and procedures
exist to deal with externalities. The secret is to achieve a balance that involves interfering in
the market mechanism without jeopardising the proper functioning of water markets. The
functional organisation for policy-making, water allocation, water management, and
monitoring of users, plays an important role in the implementation of a sustainable water
development system.
Afrikaans: 'n Toenemende aantal ekonome glo dat die markmeganisme 'n deel van 'n waterallokasiebeleid moet vorm. Dit word algemeen erken dat sentrale beplanning as ekonomiese sisteem ondoeltreffend is. Dit is onmoontlik om sentraal doeltreffend te beplan en hoe groter en oper die ekonomie is, hoe meer onmoontlik raak dit. Die literatuur bevat talle voorbeelde van modelle om alternatiewe waterallokasiemeganismes te simuleer. Die positiewe wiskundige programmeringstegniek, wat in hierdie studie gebruik is om die streek se watermarkmodel te kalibreer, is 'n relatiewe nuwe benadering. Modellering van watermarkte in Suid-Afrika het tot dusver nie groot belangstelling gewek nie. Die rede hiervoor is waarskynlik dat daar binne die ou Waterwet (1956) nie voorsiening gemaak was vir die instelling van formele waterrnarkte nie. Binne die nuwe Nasionale Waterwet (1998) word daar wel voorsiening gemaak vir die verhandeling van waterregte, maar die reƫls en die prosedures is nog nie uitgespel nie. Tot op datum is nog geen poging in Suid-Afrika aangewend om metodologieƫ te ontwikkelom watermarkte te simuleer nie. Volgens die nuwe Nasionale Waterwet is een van die belangrikste take van die Wateropvanggebied bestuursowerhede die daarstelling van 'n waterallokasiestrategie vir elkeen van die vernaamste wateropvanggebiede in Suid-Afrika. Hierdie studie lewer 'n bydrae om die kapasiteit van waterowerhede te verhoog om sodoende ekonomies sinvolle waterallokasiebesluite te kan neem. Sonder 'n markprys vir water het gebruikers min of geen insentief om water te bespaar deur dit byvoorbeeld meer doeltreffend aan te wend nie. Indien die prys van water gegrond is op die waarde daarvan vir die gebruikers sal die gebruik van water by die hoogste waarde aangemoedig word (byvoorbeeld vir drinkwater en die produksie van hoƫwaardeprodukte). Deur insentiewe daar te stel vir die mees ekonomiese gebruik van water, sal nie net sekuriteit vir gebruikers geskep word nie, maar sal daar ook meer water beskikbaar wees vir gebruike waar water die doeltreffendste aangewend word. Die markmeganisme verseker verder dat daar 'n gelyke speelveld vir alle gebruikers is, insluitende die ekologie. Daar is rede tot kommer dat die markmeganisme nie altyd gelykheid sal verseker nie. Die staat het 'n belangrike rol om te vervul om te verseker dat daar reƫls en prosedures bestaan vir die hantering van eksternaliteite. Die geheim is om In balans te vind, wat staatsinmenging in die markmeganisme behels sonder om die doeltreffende funksionering van die mark te benadeel. Funksionele organisering vir die opstel van beleid, waterallokasie, waterbestuur en die monitering van gebruikers speel 'n belangrike rol in die implementering van 'n volhoubare waterontwikkelingsisteem.

Description
Keywords
Water use -- Economic aspects -- South Africa -- Berg River, Water-supply -- South Africa -- Berg River, Thesis (Ph.D. (Agricultural Economics))--University of the Free State, 2001