Die politisering van sportbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland met spesiale verwysing na die 1981-Springbokrugbytoer na Nieu-Seeland

dc.contributor.advisorWessels, D. P.
dc.contributor.authorWolmarans, Barend Johannes
dc.date.accessioned2019-08-15T06:21:01Z
dc.date.available2019-08-15T06:21:01Z
dc.date.issued1986-06
dc.description.abstractAfrikaans: Met die politisering van dié grootste sportbyeenkoms ter wêreld, die Olimpiese Spele, was die weg beslis gebaan vir die politisering van ander kleiner sportsoorte-, byeenkomste-, organisasies en -administrasie. Hieruit is dit duidelik dat nog Suid-Afrika, nog rugbybetrekkinge tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland as geïsoleerde gevalle gesien kan word. Indien daar na 'n primêre oorsaak gesoek moet word vir die politisering van rugbybetrekkinge tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, kan die soektog met die grootste vrymoedigheid by die begrip "apartheid" begin word. Sedert hierdie begrip die eerste keer bekend geword het, sou dit net 'n kwessie van tyd wees voordat die aanslag teen Suid-Afrikaanse sport tot die bevordering van politieke motiewe aangewend sou word. Met "Loskopdam", die politieke waarheidsmoment in Suid-Afrikaanse sport, het ons so reg in die hande gespeel van die na-oorlogse humanistiese-getinte mens wat alles, die individue en samelewing, beoordeel in terme van hul vryheidsidealisme. As slagkrete hef hulle onder andere aan "human rights" en "human dignity". Hierdie "idealiste" se standpunte is: Geen normale sport kan in 'n abnormale samelewing beoefen word nie. Alhoewel die Maori-kwessie 'n belangrike politieke-strydpunt geword het, moet die aanslag teen Suid-Afrika se binnelandse beleid en die onderwerping van die staatsbestel in Suid-Afrika deur hierdie polities, kommunisties geinspireerde agitators ("terroriste") nie teen die Maori-kwessie afgespeel word nie. Die aanslag om die 1981-toer afgelas te kry, het hoofsaaklik gesentreer rondom die aktiwiteite van die anti-apartheidsorganisasies. Met die hulp van die "bias" en monopolistiese media het hulle geweldige druk op die Nieu-Seelandse regering geplaas om die nodige, die afstelling van die toer, namens hulle te doen. Dat die Nieu-Seelandse regering vasberade was om 1981 se algemene verkiesing te wen,het geblyk uit hulle standvastigheid deur hierdie krisis-toer van 1981. Die atmosfeer waarin die 1981-toer plaasgevind het, was alles behalwe normaal, met die onttrekking van noodsaaklike dienste deur vakbonde, die verblyf in muurbalbane voor wedstryde, die steun op privaat inwoners vir huisvesting, steun op beskerming deur feitlik die totale Nieu-Seelandse polisiemag, met ander woorde die ontsê van demokratiese reg om sport te kan beoefen terwyl jy as gas in Nieu-Seeland is. Uit die studie moet daar 'n afleiding gemaak word dat Suid-Afrikaanse Rugby 'n baie moeilike tydperk betree - 'n tydperk waarin buitelandse toere feitlik onmoontlik is en 'n tydperk waarin die moontlikheid van oorsese toerspanne na Suid-Afrika ook nie te rooskleurig lyk nie. Die afstelling van die All Blacktoer van 1985 na Suid-Afrika, asook die vroeë afstelling van die beoogde Leeu-toer in 1986 na Suid-Afrika, staaf hierdie isolasie-afleiding.en_ZA
dc.description.sponsorshipRaad vir Geesteswetenskaplike Navorsingen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/10289
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Political Science))--University of the Free State, 1986en_ZA
dc.subjectSporten_ZA
dc.subjectNew Zealanden_ZA
dc.subjectSouth Africaen_ZA
dc.subjectRugbyen_ZA
dc.titleDie politisering van sportbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland met spesiale verwysing na die 1981-Springbokrugbytoer na Nieu-Seelanden_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
WolmaransBJ.pdf
Size:
7.71 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: