Die persoonlikheid van die spesifiek-leergestremde leerling
Master’s Dissertation
Abstract
Afrikaans
Die term 'persoonlikheid' is 'n wye begrip. Die onbeperktheid van hierdie konsep lewer omvangryke probleme vir die navorser in die bestudering daarvan. Geen persoonlikheidsteorie kan byvoorbeeld voorsiening maak V1r die uniekheid van die individuele persoonlikheid nie. Navorsing in verband met die persoonlikheidsveranderlikes word ook bemoeilik aangesien die persoonlikheid en gedrag van 'n individu verweefd is met die totaliteit van sy interne en eksterne omstandighede sodat dit haas onmoontlik 1S om hierdie aspek van menswees werklik te deurgrond (Barnard, 1987, p. 217).
Record information
Authors
Adlem, Hendrika Petronella
Publisher
University of the Free State
Advisors
De Beer, N. A.