Die destabilisasie van die blanke regering in Rhodesië oor die periode 1965 (UDI) tot 1980 (bewindsoorname deur 'n swart-meerderheidsregering)
Loading...
Date
1985-12
Authors
Labuschagne, Pieter Andries Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die verhandeling hanteer hoofsaaklik die destabiliseringstryd
wat in die voormalige Rhodesië geheers het.
In die konteks is daar veral van die historiese metode
gebruik gemaak.
Vanuit die vertrekpunt van die historiese is die empiriese
en analitiese metode nagevolg. Daar moet egter
altyd in gedagte gehou word dat só 'n studie beheersend
in 'n Godwelgevallige ontsluiting gedoen moet word. Die
vertrekpunt dien dan ook as uitgangspunt vir die positiveringsarbeid
van die student.
Die titel van die verhandeling, die politieke destabilisasie van die Blanke Regering in Rhodesië, dui op 'n
sekere historiese ontwikkelingslyn binne die geskiedenis
van Rhodesië. Dit dui op bepaalde handelinge binne en buite Rhodesië om Blanke politieke beheer te beëindig.
Die formele oordrag van politieke mag in Zimbabwe
in 1980 het dan ook 'n einde aan die uitputtende
destabilisasiestryd gebring. Die doel van die studie
is om die destabilisasiepogings, wat oor meer as 89
jaar strek, aan te dui. Die eerste twee hoofstukke
lê veral klem op die vestiging van Blanke beheer,
veral as bolwerk teen die vloedgolf van dekolonisasie.
Die derde hoofstuk dui veralop die self-destabilisasie
van die Blankes omdat hulle nie oor die vermoë
beskik het om 'n skikking met Brittanje te bereik nie.
In die vierde hoofstuk word die opkoms van Swart
nasionalistiese bewegings nagevors, en die sterk destabilisasiepogings
deur hulle aangewend. Die laaste
twee hoofstukke dui veral op die geslaagdheid van die
destabilisasiepogings en die politieke verkrummeling
van die Blankes se politieke magstruktuur.
Description
Keywords
Zimbabwe -- History,1965-, Zimbabwe -- Politics and government, Dissertation (M.A. (Political Science))--University of the Free State, 1985