The effectiveness of integrated development plans in the Free State
Loading...
Date
Authors
Human, Frieda Mariè
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Die geïntegreerde ontwikkelingsplanne wat deur plaaslike munisipaliteite opgestel word,
is ‘n meganisme wat gebruik behoort te word om die volhoubare ontwikkeling van sowel
landelike as stedelike gebiede te verseker, deur agterstande in dienslewering, die hoë
vlakke van armoede en werkloosheid aan te spreek. Die geïntegreerde
ontwikkelingsplanne deur die munisipaliteite ontwikkel (hierdie studie fokus op drie
plaaslike munisipaliteite in the Vrystaat) voldoen egter nie aan hierdie doelwit nie as
gevolg van ‘n aantal uitdagings, waarvan drie gedurende hierdie studie ondersoek is.
Eerstens, word ontwikkelingsindikatore gedurende ontwikkelingsbeplanning gebruik om
te verseker dat ontwikkelingsinitiatiewe gemeet kan word en ook om te verseker dat
besluitnemers op plaaslike regeringsvlak verantwoording kan doen (Artikel Een).
Ontwikkelingsindikatore stel munisipaliteite in staat om besluite te neem oor die
strategiese gebruik van skaars hulpbronne en vorm daarom ‘n belangrike deel van ‘n
Geïntegreerde Ontwikkelingsplan. Die studie ondersoek die gebruik van
ontwikkelingsindikatore in die geïntegreerde ontwikkelingsplanne van die drie
munisipaliteite ten einde die kritiese gebrek aan genoegsame indikatore te beklemtoon.
Die gevolg hiervan vir ontwikkelingsbeplanning en plaaslike regering word ook bespreek.
Tweedens word gemeenskapsdeelname in geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning
bespreek, gebaseer op die teorie van gemeenskapsdeelname op ‘n internasionale en
nasionale vlak (Artikel Twee). Die fokus van die bespreking is op die verskillende vlakke
van gemeenskapsdeelname asook die benaderings tot en metodes van deelname. Daar
word ook gekyk na die faktore wat deelname beïnvloed en die vereistes vir effektiewe
deelname. Die proses van gemeenskapsdeelname in die geïntegreede
ontwikkelingsbeplanningsproses in die drie munisipaliteite word dan op grond van
bogenoemde faktore geëvalueer met die fokus op die geneigdheid om die gemeenskap te
betrek, slegs om aan die vereistes van wetgewing te voldoen eerder as om die gemeenskap
te bemagtig. Derdens word plaaslike ekonomiese ontwikkeling binne die drie
munisipaliteite ondersoek (Artikel Drie). Die studie fokus hier op die strategiese
benaderings wat gevolg word tot plaaslike ekonomiese ontwikkeling, gebaseer op
internasionale en nasionale riglyne. Die gevolgtrekking word gemaak dat plaaslike
ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe meestal uit klein kapitale projekte bestaan en nie
gesien word as deel van enige munisipale projek nie. Die huidige inisiatiewe spreek ook nie die strukturele probleme wat met klein dorpies vereenselwig word aan nie. Plaaslike
ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe word nie bepaal deur ‘n strategiese benadering nie
wat veroorsaak dat hul meestal onvolhoubaar is en permanent afhanklik van munisipale
befondsing. Ten slotte word daar gekyk na die hoofbevindinge uit die drie artikels en
aanbevelings word gemaak om die gebruik van ontwikkelingsindikatore,
gemeenskapsdeelname en plaaslike ekonomiese ontwikkeling op die plaaslike
regeringsvlak te verbeter.
Description
Local government -- South Africa -- Free State
Keywords
Local government -- South Africa -- Free State, Community development -- South Africa -- Free State, Strategic planning -- South Africa -- Free State, Integrated Development Plan, Dissertation (MDS (Development Studies))--University of the Free State, 2007, Development Indicators, Community Participation, Local Economic Development