'n Kritiese behandeling van enkele probleme uit die handelsmerkereg
Master’s Dissertation Multilingual record · 2 languages
View this record in
Viewing available metadata in English
Abstract
Afrikaans · fallback because the selected language is unavailable
Voordat oorgegaan word tot die behandeling van
'n paar aktuele vraagstukke in die handelsmerkereg, moet
vireers op die betekenis van die handelsmerk as sulks gelet
word.
Die handelsmerk ontwikkel aanvanklik uit die s.g.
signa mercatorum wat deur eienaars op hulle ware aangebring
is, sodat dit geidentifiseer kon word indien dit
verlore geraak het.
In die tyd van die gildes daarenteen, was elke
lid deur sy betrokke gilde verplig om sy produksiemerk
op sy goed aan te bring, sodat vasgestel kon word wie
produkte van minderwaardige kwaliteit lewer.
Wat aanvanklik 'n las was, word later on bate,
want indien 'n produsent on produk van goeie kwaliteit
lewer wat aan die verbruiker volle tevredenheid verskaf,
verseker die merk, as onderskeidingsteken, dat sy produk
in aanvraag bly.
Hedendaags, weens die ontwikkeling van reklame
tot 'n fyn tegniek waardeur produsente hulle ware onder
die aandag van die publiek kan bring, speel die handelsmerk
nog 'n groter rol. Deur gebruik te maak van die pers,
die radio en ander advertensiemiddele kan 'n ondernemer
on aansienlike werfkrag met betrekking tot sy ware of sy
onderneming opbou.
Nou baat dit hom egter niks dat hy groot bedrae
geld spandeer om sy merk bekend te laat word indien 'n
ander on identiese of soortgelyke merk op dieselfde goedere kan gebruik nie. Om hom teen hierdie mededingingshandelinge te beskerm, word aan die handelsmerk eienaar
twee regsmiddels verleen. n.l. 'n aksie weens aanklamping en indien sy merk geregistreer is, 'n inbreukaksie.
Soos bekend, word die handelsmerkereg tans beheer deur Wet 62 van 1963 wat Wet 9 van 1916 soos gewysig, vervang.
Alhoewel die nuwe wet baie in gemeen het met die
herroepe wet, vertoon dit daarenteen groot verskille,
sommige waarvan in die loop van die verhandeling behandel sal word. So byvoorbeeld word inbreuk, die hoeksteen van die hele wet, nie slegs beperk tot handelinge
waardeur 'n identiese of verwarringskeppende merke op
dieselfde goed gebruik word nie, maar word in Art. 44(1)
(b) daarvoor voorsiening gemaak dat enige skadestigtende
handeling met betrekking tot handelsmerke, onder die wet
bereg kan word. Gevolglik sal ndersoek moet word of
daar 'n verskil, indien enige, tussen aanklamping en
inbreuk bestaan. Ook sal aandag aan die deel B register,
'n innovasie uit die Engelse reg, gegee word, veral
met betrekking tot die betekenis van die proviso tot Artikel
44(1)(a). Benewens die genoemde vrae sal aandag
geskenk word aan vrae soos die objek van die reg op 'n
handelsmerk en die bevoegdheid van 'n bepaalde hof om
sake rakende handelsmerk aangeleenthede te bereg.
Keywords
English
Trademarks Brand name products Law of property