Die krygsoptrede van Boer en Brit in Noordoos-Kaapland gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1900

Loading...
Thumbnail Image
Date
1986
Authors
Botha, Christoffel Johannes Francois
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Universiteit van die Vrystaat
Abstract
Alhoewel daar al talle werke oor die Anglo-Boereoorlog ver= skyn het, is daar nie veel oor die krygsoptrede van Boer en Brit in Noordoos-Kaapland geskryf nie. Die doel van hier= die studie is om meer lig op die krygsoptrede van Boer en Brit in hierdie streke te laat val. Die gebeure tydens die Anglo-Boereoorlog bied interessante feite en gegewens, en die navorsing wat vir hierdie verhandeling gedoen is, was dan ook besonder insiggewend. 'n Studie van die krygsoptrede in Noordoos-Kaapland bring opnuut die besef dat die hele Suid-Afrika in n mindere of meerdere mate by die oorlog betrek was. In die geval van Noordoos-Kaapland was dit aan die begin van die oorlog be=slis in 'n meerdere mate die ·geval. Aanvanklik wou dit voor=kom of die Boeremagte se krygsoptrede die gewenste uitwerking op die Britse leerleiding se veldtogplanne gehad het, maar die latere Britse herstel en opmars het die teendeel bewys. Die sukses wat die Britse magte hier behaal het, was slegs van beperkte omvang en optrede van die Boeremagte het hulle in staat gestel om weer Noordoos-Kaapland te beset. Dit kan nie as 'n krygsoptrede wat die gang van die oorlog bepaal het beskou word nie, maar eerder as 'n sinnelose vermorsing van tyd en mannekrag. Daar is heelwat primêre en sekondêre bronne wat oor die onderwerp geraadpleeg kon word - veral primêre bronne soos die Leyds-versameling, die Renier-versameling, Kommandant­-generaal-versameling, 𝘓𝘰𝘳𝘥 𝘙𝘰𝘣𝘦𝘳𝘵𝘴 𝘗𝘢𝘱𝘦𝘳𝘴 en die Blouboeke was van groot waarde vir hierdie studie. As sekondêre bronne het die werke van LS Amery en J H Breytenbach as belangrike rigtinggewende werke gedien. 𝗩𝗘𝗥𝗪𝗬𝗦 𝗡𝗔 𝗗𝗜𝗘 𝗔𝗔𝗡𝗚𝗘𝗛𝗘𝗚𝗧𝗘 𝗗𝗢𝗞𝗨𝗠𝗘𝗡𝗧 𝗩𝗜𝗥 '𝗡 𝗩𝗢𝗟𝗟𝗘𝗗𝗜𝗚𝗘 𝗢𝗣𝗦𝗢𝗠𝗠𝗜𝗡𝗚!
Description
Verhandeling (M.A.(Geskiedenis))--Universiteit van die Vrystaat, 1986
Keywords
Citation