'n Kreatiwiteitsprogram vir kleuters
Loading...
Date
1998-11
Authors
Venter, Liezel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The purpose of this study is the development of a creativity programme for pre-school
children. What distinguishes this study from others, is that the implementation of the
programme is not primarily aimed at the pre-school child, but the parent is used to
cultivate the creativity of his pre-school child.
The eco-systemic approach has been used as a theoretical framework. This approach
does not only comply with all the requirements where-by the interdependent
relationships of systems can be observed, but it also provides a framework according to
which the programme could be designed and the influence of the programme on the
different systems can be studied. The different developmental milestones of individuals
are important in the compilation of the programme. Thus a separate chapter has been
devoted to the developmental milestones of both participant (parent), the pre-school
child and the family with the emphasis on creativity. Literature on creativity is confusing,
conflicting and diverse. Traditionally creativity was approached from the viewpoint of
either the person, the process, the product or the environment. This approach can lead
to people losing sight of the total picture. More and more recent literature advocates a
more systemic approach in which all four approaches are considered in the study of
creativity. According to the eco-systemic approach this relatively new approach in the
study of creativity is to be welcomed. Thus, the parents, the nursery school, the
educational implications from the side of the authorities as well as the subsystems in the
individual, namely the cognitive, psycho-social and physical are taken into consideration.
The compilation of the creativity programme demanded a thorough study of existing
literature and is very much activity-orientated.
Experimental research, more specifically the random double group design, has been
used in this study. The creativity programme was implemented on the experimental
group. The TTCT, figural form, has been used as measuring instrument. The statistical
method used to analyze the data is the Hotelling T2 Test. No significant result has been
obtained. The researcher has also received feedback from participants in the
programme in terms of recommendations and the evaluation of the programme. The
result could possibly be ascribed to the following: Firstly the time-span given for
acquiring new behaviour was too short. Secondly the premise is supported that creative
behaviour cannot be develop. Thirdly the TTCT, figural form, measures only the nonverbal
creativity of pre-school children. Lastly the motivation of the participants and the
pre-school children could influence the result.
Afrikaans: Die doel van hierdie studie is die ontwikkeling van 'n kreatiwiteitsprogram vir kleuters. Wat hierdie studie onderskei van ander, is dat die implementering van die program nie primêr gerig is op die kleuter nie, maar dat die ouer gebruik word om die kreatiwiteit van sy kleuter te bevorder. As teoretiese raamwerk is die ekosistemiese benadering gebruik. Hierdie benadering voldoen nie net aan die vereistes waarvolgens sisteme se interafhanklike verhouding gesien kan word nie, maar dit verskaf ook 'n raamwerk waarvolgens die program beplan kon word en die invloed van die program op die verskillende. sisteme bestudeer kan word. Die verskillende ontwikkelingsmylpale van die verskillende individue is belangrik in die samestelling van die program, en gevolglik is 'n aparte hoofstuk gewy aan die ontwikkelingsmylpale van beide die deelnemer, kleuter en gesin met die klem op kreatiwiteit. Literatuur oor kreatiwiteit is verwarrend, konflikterend en divers. Tradisioneel is kreatiwiteit benader vanuit die oogpunt van óf die persoon, óf die proses, óf die produk óf omgewing. Hierdie beskouing veroorsaak dat die groter geheelbeeld uit die oog verloor word. AI hoe meer onlangse literatuur pleit vir 'n meer sistemiese benadering, waardeur al vier benaderingswyses in ag geneem word by die bestudering van kreatiwiteit. Volgens die ekosistemiese benadering word hierdie relatiewe nuwe benadering in die bestudering van kreatiwiteit verwelkom. Sodoende word die ouers, die kleuterskool, die opvoedkundige implikasies vanuit owerheidskant sowel as die subsisteme in die individu, naamlik die kognitiewe, psigososiale en fisieke in ag geneem. Die samestelling van die kreatiwiteitsprogram het 'n deeglike studie van bestaande literatuur vereis en is baie aktiwiteitsgeoriënteerd. Eksperimentele navorsing, meer spesifiek die ewekansige dubbelgroepontwerp is in die studie gebruik. Die ingreep in die sisteem was die toepassing van die kreatiwiteitsprogram op die eksperimentele groep. Die Torrance Test of Creative Thinking (TTCT), figuurlike vorm, is as meetinstrument gebruik. Die statistiese metode wat gebruik is om die data te ontleed, is die Hotelling T2-toets. Geen beduidende resultaat is verkry nie. Die navorser het ook van die deelnemers wat betrokke was by die program, terugvoer verkry met betrekking tot aanbevelings en die evaluering van die program. Die resultaat kan moontlik aan die volgende toegeskryf word: Eerstens was die tydperk wat gegee is vir die aanleer van nuwe gedrag te kort. Tweedens word die stelling ondersteun dat kreatiewe gedrag nie ontwikkel kan word nie. Derdens meet die TTCT, figuurlike vorm, slegs die nie-verbale kreatiwiteit van die kleuters. Laastens beïnvloed die motivering van die deelnemers en die kleuters die resultaat.

Description
Keywords
Creative ability in children, Early childhood education, Child development, Parent and child, Dissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 1998