Die verspreiding van kernwapens en internasionale orde
Loading...
Date
1981-01
Authors
Liebenberg, Christiaan Rudolf
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Magsvergrype in al sy vergestaltingsvorme het daartoe
gelei dat geen vorm van ordelike internasionale gemeenskap
meer daarteen bestand is nie. Vanaf die konvensionele
taktiese ontplooiing van strydmagte tot by die
vuil agterbakse stedelike terroriste strategie het die
droom van vrede en ordelikheid slegs in die vergetelheid
geraak. Met die koms van kernwapens het die laaste
vesting van die mens getuimel. Gemeenskaplike veiligheid
om ordelike en stabiliserende internasionale verhoudinge
te verseker, ontwapenings- en wapenbeperkingskongresse
en -verdrae - het almal tesame 'n klug geword.
Die sukses wat berus op internasionale bereidwilligheid
tot samewerking het reeds getoon dat dit 'n mislukking
is en aan die hand daarvan het die guerrilla en stedelike
terroris homself stewig in die internasionale gemeenskap
gevestig.
Die suksesse rondom ontwapening- en wapenbeperkings
is gemeet aan die gevolge daarvan op die internasionale
orde. Die SALT-verdrae is ten spyte daarvan dat dit
deur beide die V.S.A. en Rusland onderteken is, eensydig
van aard, deurdat net die V.S.A. hom by die bepalings
daarvan hou. Die Russiese houding ten opsigte
van SALT is die kenmerk van die valsheid van die
diplomasie van ons'tyd. Die Kernsperverdrag op sy
beurt weer dra die kenmerke van supermoondheid-imperialisme
en is tiperend van die ongebondenheid van internasionale
orde.
Teen hierdie agtergrond het die verspreiding van kernwapens
'n voldonge feit geword met die internasionale
gemeenskap wat angstig toekyk wie die, volgende besitter
sal wees. Sekuriteit het die wagwoord geword ten opsigte
van onderliggende oorsake vir die beperking daarvan en kenmerkend, van sekuriteit is die algehele afwesigheid
van 'n oorkoepelende swaardmag om die nodige
sanksies af te dwing. Die bekamping van kernwapenverspreiding
omrede wêreldsekuriteit het egter die speelbal
van die supermoondhede en bestaande kernmoondhede
geword en die verdagmaking van mbontlike besitters kenmerkend
van hul imperialistiese dreunlyfhouding.
Die faktore wat daartoe aanleiding gee dat nasies na
kernwapens streef het die werklikheid van ons tyd geword. Nie alleen omrede die eie sekuriteit wat daarsonder
nie kan bestaan nie maar ook as gevolg van die
plig wat op die eie swaardmag rus, het dit onontbeerlik
vir elke soewereine staat geword.
Die R.S.A. kan op grond van bogenoemde dus onverwyld
daarop aandring dat kernwapens 'n onontbeerlike kommoditeit
geword het. Sonder die swaardmag, sonder vriende
en gemeenskaplik in die stryd teen die bose, het dit
vir die Republiek nodig geword om sy posisie in oënskou
te neem en homself te skans teen 'n internasionale gemeenskap
wat tot in sy gebeente verrot geraak het.
Description
Keywords
Nuclear weapons (International law), Dissertation (M.A. (Political Science))--University of the Free State, 1981