'n Prinsipieel-didaktiese ondersoek na die doel, funksie en moontlikhede van die semesterstelsel aan 'n universiteit met besondere verwysing na die huidige semesterstelsel aan universiteite in die Republiek van Suid-Afrika
Master’s Dissertation
Abstract
English
Na aanleiding van literatuur en ervaring aangaande die semesterstelsel,
het dit geblyk dat die tradisionele semesterstelsel nie
ten volle aan sy doel beantwoord nie.
Tydskeduleringstelsels, as deel van wetenskaplike kurrikulumontwerp
en -ontwikkeling kan alleenlik tot hul reg kom indien dit 'n
integrale deel van die breë akademiese beplanning aan universiteit
vorm en dit getoets is, aan wetenskaplike kriteria vir die terrein
van beplanning.
Ten einde die geldigheid van so 'n bewering te staaf is 'n literatuurstudie
oor die tradisionele semesterstelsel en enkele ander tydskedulerings
onderneem. Dié literatuurstudie is aangevul met inligting
verkry van enkele Suid-Afrikaanse universiteite asook 'n empiriese
ondersoek na die menings van dosente en studente oor die funksionaliteit
van die semesterstelsel soos aan die UOVS geïmplimenteer.
Die gegewens van die empiriese ondersoek is hoofsaaklik in tabelvorm
weergegee met inagneming van die eiesoortige problematiek wat
dié tipe van studie meebring. Akademici en studente ervaar die
semesterstelsel in sy huidige vorm grootliks positief. Die akademici
het egter uitgewys dat daar beslis knelpunte bestaan waaraan aandag
gegee moet word. Studente se menings is teen die agtergrond van hul
kompentensie met betrekking tot dié studie, met omsigtigheid gehanteer.
In die lig hiervan en op grond van die resultate verkry na aanleiding
van die empiriese ondersoek, word enkele aanbevelings gedoen oor die
verbetering van die semesterstelsel waarby inbegrepe verdere navorsing
oor alternatiewe tydskedulerings.
Record information
Authors
Bezuidenhout, Louwrens A.
Publisher
University of the Free State
Advisors
Smit, S. J.
Strydom, A. H.