'n Ondersoek na entrepreneurseienskappe onder sekondêre skoolleerlinge
Loading...
Date
1995
Authors
Maré, Wilhelmina Phillipina Catharina
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 'n Kernvraag wat swaar op die hart van elke Suid-Mrikaanse skoolleerling rus, is
hoe hy/haar hom-/haarself loopbaangewys kan voorberei in 'n land waar kwynende
werkgeleenthede, sosiale en politieke onrus en 'n verswakkende ekonomie aan die
orde van die dag is. Aansluitend hierby ondervind Suid-Mrika 'n enorme
onderwyskrisis wat 'n bleek kleur aan die toekoms van die land verleen. Talle
skrywers, sprekers en navorsers bepleit entrepreneurskapsontwikkeling as oplossing
vir Suid-Mrika se probleme. Die problematiek van 'n gebrekkige, konformistiese
onderwysstelsel en die opgradering en ontwikkeling van skoolleerlinge om met die
behoeftes van 'n veranderende industriele gemeenskap tred te hou, moet as
aanvanklike stimulus vir hierdie studie gesien word.
Entrepreneurs vorm 'n dominante deel van die Suider-Mrikaanse sakegemeenskap.
Die behoefte aan voorbereiding en ontwikkeling van skoolleerlinge as potensiele
werkskeppers en bekwame en kundige werknemers word voortdurend deur die sakesektor
beklemtoon. By implikasie beteken dit 'n totale herevaluering van die
bestaande onderwysstelsel. Huidige en potensiele entrepreneurs op skoolvlak sal
slegs suksesvol geldentifiseer en ontwikkel kan word indien 'n doeltreffende
entrepreneursontwikkelingsmodel en -programme voorberei word om 'n optimale
bydrae tot die uitbouing van die vryemarkekonomie te !ewer.
Gegewe die belangrike posisie van entrepreneurs in die vryemarkekonomie, asook
die uniekheid van die entrepreneursverskynsel, is entrepreneursontwikkeling op
skoolvlak dus 'n prioriteitsaangeleentheid.
In die Jig van hierdie kritieke aangeleentheid is 'n studie onderneem na die
voorkoms van entrepreneurseienskappe, indien enige, onder sekondere skoolleerlinge.
Ten einde voile stukrag hieraan te verleen, is 'n literatuurstudie, bestaande
uit vier teoretiese hoofstukke, onderneem: Hoofstuk 2 handel oar "Entrepreneurskap in perspektief'. 'n Definisie van die begrip
"entrepreneur", 'n beskrywing van die identiteit van die ware entrepreneur, asook 'n
ontleding van die verskillende tipes entrepreneurs word aangebied. Voorts word die
impak van verskeie makro-omgewingsveranderlikes op die entrepreneursverskynsel
onder die soeklig geplaas.
Algemene mites wat dikwels 'n wanbeeld van entrepreneurskap projekteer, word in
hoofstuk 3 beskryf. Die entrepreneurspersoonlikheid en die vemaamste vaardighede
waaraan skoolverlaters tekortskiet, word as integrale deel van entrepreneursontwikkeling
benader.
In hoofstuk 4 word die ontwikkeling van entrepreneurskap op skoolvlak ontleed.
Spesifieke aandag word geskenk aan die ontwikkeling van 'n eg Suid-Afrikaanse
entrepreneurskapsontwikkelingsmodel en -programme. Hierdie ho~fstuk lei tot 'n
bevestiging van die behoefte aan entrepreneursontwikkeling op skoolvhik.
Die bevordering van entrepreneurskap en sakevemuf onder die jeug word m
hoofstuk 5 bespreek. Aandag word aan fundamentele probleme en moontlike
aanpassings in die onderwysstelsel ter bevordering van entrepreneurskap geskenk.
Die waarde van entrepreneurskapsopvoeding op skoolvlak en die pydrae van die
vemaamste rolspelers, naamlik die ouergemeenskap, skoal, sakesektor en media tot
entrepreneurskapsontwikkeling word in detail geevalueer.
Vir die doel van die empiriese ondersoek is skole in die Bloemfontein-gebied
genader om inligting oar skoolleerlinge se persepsie van entrepreneurskap en die
besigheids/-sakewereld te verkry.
Aandag is oak geskenk aan die voorkoms van die vemaamste entrepreneurseienskappe
onder skoolleerlinge. lnsiggewende resultate is uit die onderspek verkry. Oar
die algemeen blyk dit dat leerlinge negatief ingestel is en oak 'n mate van
onsekerheid toon ten opsigte van entrepreneurskap as potensiele loopbaangeleentheid.
'n Gebrekkige kennisraamwerk betreffende entrepreneurskap is
algemeen, asook die wanopvatting dat entrepreneurskap sentreer random 'n kits-"geldmaakproses" en die verwerwing van status. Voorts het die ondersoek ook aan
die Jig gebring dat die skoal, en spesifiek voorligtingonderwyser(s) van die
onbelangrikste bronne van inligting rakende entrepreneurskap verteenwoordig. Die
ondersoek bet egter oak getoon dat slegs geringe pogings tot dusver deur skole
aangewend is om skoolleerlinge volledig in te Jig betreffende hierdie kritieke
aangeleentheid.
Op grond van die empiriese studie kon aanbevelings gemaak word wat met vrug
deur die onderwysowerhede oorweeg kan word.
Description
Dissertation (M.Com.(Business Management))--University of the Free State,1995
Keywords
Entrepreneurship -- South Africa -- Bloemfontein, Creativity in business, Entrepreneurship -- Study and teaching (Secondary) -- South Africa -- Bloemfontein, Vocational education -- South Africa -- Bloemfontein