‘n Leksikaal-semantiese ondersoek na verandering in die Afrikaanse woordeskat soos weerspieel in die hedendaagse nuusmedia
| dc.contributor.advisor | Klopper, A. H. | |
| dc.contributor.advisor | Van Jaarsveld, G. J. | |
| dc.contributor.author | Swart, Corlietha | |
| dc.date.accessioned | 2021-06-29T11:22:33Z | |
| dc.date.available | 2021-06-29T11:22:33Z | |
| dc.date.issued | 1995-06 | |
| dc.description.abstract | Die algemene probleemstelling wat hier ondersoek word lui: op watter wyse en in watter mate word maatskaplike, politieke en ander alledaagse sosiale veranderinge in die taal, en meer spesifiek in die leksikon van Afrikaans, weerspieel? Dit geld ook sosiale veranderinge, nie alleen nuwe sake en begrippe nie, maar ook houdings. Esterhuyse (1986:7) vertaal Levic Jessel (1978) se bespreking in The ethnic process van die tweeledige funksie van taal as volg: "Afgesien van die sentrale funksie as kommunikasierniddel, weerspieel dit ook die sosiale en behavioristiese toestande binne die groep, die groepervaringe, die manier waarop daar gedink word en die bree lewensbeskouing van waaruit alle gebeure en ervaringe geinterpreteer word. Naas die kommunikatiewe funksie, besit die taal dus ook 'n veelsydige sosiale dimensie. In die sin is taal die draer van 'n groep se sosiale geskiedenis, en word werklikheidservaringe in die taallae vasgele. So word die taal van die gemeenskap 'n verwikkelde akkumulasie van groepservaringe en die taal en die letterkunde 'n soort argief van die historiese bewussyn. 'n Grondige studie van 'n taal se leksikon, sy geykte metafore en sy idiome behoort dus heelwat te openbaar omtrent kontemporere en historiese waardes van 'n groep of spraakgemeenskap. Die stelling van Jessel dat n grondige studie van n taal se leksikon, metafore en idiome veral sinvol kan wees in n tyd van maatskaplike en sosiale veranderinge, aangesien die aanpassings op al die taalgebiede des te meer opvallend en noemenswaardig sal wees, word in hierdie verhandeling as vertrekpunt geneem. Suid-Afrika bet sedert die negentigerjare onder andere polities en maatskaplik drastiese veranderinge ondergaan (en ondergaan dit steeds). Die probleemstelling behels die wysc waarop hierdic verandcring in die taal en woordeskat neerslag vind. (Vergelyk Trudgill 1974:27, Van Rensburg 1992:183 en Ponelis 1992:71). Maatskaplike veranderinge het normaalweg 'n groot impak op woordeboeke (vergelyk onder andere Ponelis en Gouws 1992:15-17, 39). In 'n snelveranderende opset sou daar van leksikograwe verwag kon word om byderwets te wees en veranderinge vinniger te weerspieel as wat normaalweg die geval is. HAT (1994) en VAW (1993) het redelik onlangs verskyn. Die vraag wat gevolglik ontstaan is of die woordeboeke wel die grootskaalse veranderinge weerspieel. | en_ZA |
| dc.description.sponsorship | Sentrum vir Wetenskapsontwikkeling (SWO) | en_ZA |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/11660/11179 | |
| dc.language.iso | af | en_ZA |
| dc.publisher | University of the Free State | en_ZA |
| dc.rights.holder | University of the Free State | en_ZA |
| dc.subject | Dissertation (M.A. (Afrikaans and Dutch))--University of the Free State, 1995 | en_ZA |
| dc.subject | Mass media and language -- South Africa | en_ZA |
| dc.subject | Afrikaans language -- Political aspects -- South Africa | en_ZA |
| dc.subject | Sociolinguistics -- South Africa | en_ZA |
| dc.title | ‘n Leksikaal-semantiese ondersoek na verandering in die Afrikaanse woordeskat soos weerspieel in die hedendaagse nuusmedia | en_ZA |
| dc.type | Dissertation | en_ZA |
