‘n Leksikaal-semantiese ondersoek na verandering in die Afrikaanse woordeskat soos weerspieel in die hedendaagse nuusmedia
Loading...
Files
Date
Authors
Swart, Corlietha
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die algemene probleemstelling wat hier ondersoek word lui: op watter wyse en in watter mate word maatskaplike, politieke en ander alledaagse sosiale veranderinge in die taal, en meer spesifiek in die leksikon van Afrikaans, weerspieel? Dit geld ook sosiale veranderinge, nie alleen nuwe sake en begrippe nie, maar ook houdings.
Esterhuyse (1986:7) vertaal Levic Jessel (1978) se bespreking in The ethnic process van die tweeledige funksie van taal as volg: "Afgesien van die sentrale funksie as kommunikasierniddel, weerspieel dit ook die sosiale en behavioristiese toestande binne die groep, die groepervaringe, die manier waarop daar gedink word en die bree lewensbeskouing van waaruit alle gebeure en ervaringe geinterpreteer word. Naas die kommunikatiewe funksie, besit die taal dus ook 'n veelsydige sosiale dimensie. In die sin is taal die draer van 'n groep se sosiale geskiedenis, en word werklikheidservaringe in die taallae vasgele. So word die taal van die gemeenskap 'n verwikkelde akkumulasie van groepservaringe en die taal en die letterkunde 'n soort argief van die historiese
bewussyn. 'n Grondige studie van 'n taal se leksikon, sy geykte metafore en sy idiome behoort dus heelwat te openbaar omtrent kontemporere en historiese waardes van 'n groep of spraakgemeenskap.
Die stelling van Jessel dat n grondige studie van n taal se leksikon, metafore en idiome veral sinvol kan wees in n tyd van maatskaplike en sosiale veranderinge, aangesien die aanpassings op al die taalgebiede des te meer opvallend en noemenswaardig sal wees, word in hierdie verhandeling as vertrekpunt geneem.
Suid-Afrika bet sedert die negentigerjare onder andere polities en maatskaplik drastiese
veranderinge ondergaan (en ondergaan dit steeds). Die probleemstelling behels die
wysc waarop hierdic verandcring in die taal en woordeskat neerslag vind.
(Vergelyk Trudgill 1974:27, Van Rensburg 1992:183 en Ponelis 1992:71).
Maatskaplike veranderinge het normaalweg 'n groot impak op woordeboeke (vergelyk
onder andere Ponelis en Gouws 1992:15-17, 39). In 'n snelveranderende opset sou
daar van leksikograwe verwag kon word om byderwets te wees en veranderinge
vinniger te weerspieel as wat normaalweg die geval is. HAT (1994) en VAW (1993) het
redelik onlangs verskyn. Die vraag wat gevolglik ontstaan is of die woordeboeke wel
die grootskaalse veranderinge weerspieel.
