Die staatsfilosofie grondslae van die Suid-Afrikaanse staatkunde sedert 1910
Loading...
Date
1970-09
Authors
Van der Watt, Louis
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Ons toeleg is 'n ondersoek na die religieus-verankerde staatsfilosofiese rigtings wat sedert
1910 beslissend was in die Suid-Afrikaanse staatkunde. Hierdie denkrigtings het in belangrike
wetgewing nie onbetuig gebly nie en is daarin én in die betrokke debatte na te speur.
Die staatsfilosofiese grondslae wat die Suid-Afrikaanse staatkunde met betrekking tot
sekere wetgewing beinvloed het, is ook kenbaar in die uiteenlopende stellingname van bepaalde
politieke partye. Ook dááruit sal die hoofrigtings afgesonder en getipeer word.
Om die omvang te beperk, word slegs vyf onderwerpe as ondersoekveld gekies en die
staatsfilosofiese beginsels wat daaraanten grondslag lê, ontleed.
Ten einde die staatsfilosofiese grondslae van die Suid-Afrikaanse staatkunde bloot te
lê, moet ons vooraf rekenskap gee van die religieus-bepaalde staatsfilosofiese grondslae wat
vanuit Wes-Europa sedert 1652 na Suid-Afrika oorgedra is - as deel van die Westerse beskawing
- én wat ons denke hier te lande sedertdien beheers het. 'n Historiese oorsig van
die religieus-bepaalde staatsfilosofiese denkrigtings vóór 1910 word dus vooraf aan die orde
gestel.
Description
Keywords
Political science -- South Africa -- Philosophy, Thesis (D.Phil. (Political Science))--University of the Free State, 1970