'n Teoretiese en praktiese inleiding tot historiografiese annotering

dc.contributor.advisorVan Schoor, M. C. E.
dc.contributor.authorWessels, Andre
dc.date.accessioned2017-01-27T05:52:23Z
dc.date.available2017-01-27T05:52:23Z
dc.date.issued1982
dc.description.abstractAfrikaans: Historiografiese annotering is 'n belangrike onderdeel van die geskiedenis-as-wetenskap. Hoewel talle historici annotering beoefen en geannoteerde tekste in gepubliseerde vorm die lig sien, is historiografiese annotering op sigself 'n onderwerp waaroor daar nog weinig geskryf is. In hierdie verhandeling word historiografiese annotering krities onder oë geneem, ontleed en aan die hand van voorbeelde bespreek. Die studie is dus beide 'n teoretiese en 'n praktiese inleiding tot annotering. Vrae waarop gelet word, is byvoorbeeld: Wat is annotering? Wat word geannoteer? Hoekom word geannoteer? Hoe word geannoteer? Die beginsels, metode en tegniek van annotering word bespreek. Die plek van historiografiese annotering in die geskiedenis-as-wetenskap word onder die soeklig geplaas, asook ander probleme en aspekte m.b.t. annotering, bv. die probleem van subjektiwiteit, die huidige stand van annotering t.o.v. die Suid-Afrikaanse historiografie en die plek van illustrasies in annotering. Ten slotte word die bestanddele van 'n geannoteerde teks. uiteengesit en bespreek. Die oogmerk is deurgaans om historiografiese annotering nie slegs teoreties aan die hand van praktiese voorbeelde te bespreek nie, maar om ook aan die voornemende annoteerder, asook by wyse van vernuwing aan diegene wat reeds prakties geannoteer het, basiese riglyne t.o.v. annotering aan te dui; probleme en slaggate uit te wys en wenke te gee. Die studie bly egter in wese slegs 'n inleiding tot die onderwerp, en daar word nie op volledigheid aanspraak gemaak nie. Die annotering van die oorlogsherinneringe van wyle kmdt. Jacob Petrus (Japie) Neser uit die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, het as aansporing gedien vir die skryf van hierdie studie oor historiografiese annotering. Hoewel die voltooide geannoteerde oorlogsherinneringe van kmdt. Neser as die praktiese uitgewerkte voorbeeld van wat in hierdie studie teoreties uiteengesit word, beskou kan word, kon dit in die lig van die omvangrykheid van die teoretiese studie, nie by hierdie verhandeling ingesluit word nie. Dit sal weldra in die Christiaan de Wet- Annale opgeneem word.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/5437
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (History))--University of the Orange Free State, 1982en_ZA
dc.subjectHistoriographyen_ZA
dc.subjectBibliographical citationsen_ZA
dc.title'n Teoretiese en praktiese inleiding tot historiografiese annoteringaf
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
WesselsA.pdf
Size:
7.4 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: