’n Missiologiese ondersoek na die rol van vaders in die morele agteruitgang van jongmense in die Dwarsrivier Vallei

Loading...
Thumbnail Image
Date
2023
Authors
Keet, Eugene Elmar
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die afwesigheid van ’n vader of vaderfiguur binne die gesinsisteem is ’n groot probleem aangesien dit ’n vakuum in die ouerskapsrol laat ontstaan en ’n negatiewe invloed het op ’n gesin se vermoë om doeltreffend te funksioneer. Die navorsing fokus eerstens op die rol van biologiese vaders van jongmense tussen die ouderdomme van 12 tot 23 jaar. Die navorsing maak gebruik van ’n World Café navorsingsmetode, asook persoonlike onderhoude wat met leiers van vyf gemeentes gevoer is om die data vir die studie in te samel. Tydens die navorsing het die navorser ook vaderfigure ingesluit (moeders, voogde, ander agente wat die rol vertolk), wat toegelaat word binne ’n kritiese realis paradigma, en probeer vasstel hoe vyf gemeentes in die Dwarsrivier Vallei (DRV) vaders en vadersfigure bemagtig om hulle taak as missionale leiers en die bekamping van die morele verval van jongmense aan te spreek. Die bevinding van die studie sluit in: dat gemeentes ’n rol kan speel in die bemagtiging van vaders en vaderfigure deur onder andere die prediking, liturgie, en in wese ’n missionale gemeente te wees wat as ’n transformasieruimte vir vaders en vaderfigure kan dien.
Description
Thesis (Ph.D. (Praktiese en Missionale Teologie))--University of the Free State, 2023
Keywords
Citation