Die toevoer van beeste en die gehalte van karkasse uit 'n vleisproduksie oogpunt by die Bloemfonteinse slagpale
Loading...
Date
1979-07
Authors
Theunissen, Rudolf Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 1. Ondersoek is ingestel na die toevoer van slagdiere en die
gehalte van die karkasse by die Bloemfonteinse slagpale.
2. Die doel van die studie was om ondersoek in te stel na die
tipes diere wat geslag word en gehalte van die karkasse wat
aan die verbruiker gebied word.
3. Verskeie gegewens is van elke karkas wat in die studie gebruik
is, ingesamel en statisties ontleed.
4. Resultate het aangedui dat baie diere op 'n ongewisselde ouderdom
geslag word en lae grade behaal.
5. Te veelosse word op h hoë ouderdom (agttand) geslag en
waarvan die eetbaarheidseienskappe laag is.
6 'n Ongewenste verhouding van 2:1 tussen manlike en vroulike
diere dui op swak bestuur op plase, met lae kalfpersentasies
as een van die vernaamste probleme.
7. Karkasse wat hoë grade behaal het, was deurgaans beter daaraan
toe sover dit eienSkappe wat op gevleisdheid betrekking
het betref.
8. Resultate dui aan dat die graderingstelsel doeltreffend
funksioneer en toegepas word.
7. Verwantskappe tussen eienskappe wat verkry is, dui aan dat
karkasmassa die mees akkurate maatstaf is om karkassamestelling
te evalueer.
10. Kneusings het h onbeduidende rol gespeel, maar dit is
hoofsaaklik weens die kort afstande wat diere vervoer is.
11. Duidelike prysverskille kom tussen die verskillende grade
voor veral binne verskillende ouderdomsgroepe.
12. Die Bloemfonteinse verbruiker word voorsien van 'n klein
hoeveelheid karkasse, van goeie gehalte met goeie eetbaarheidseienskappe. 'n Oormaat karkasse van jong diere wat
lae grade behaal en ouer diere wat hoê grade behaal, maar
waarvan die eetbaarheidseienskappe reeds afneem maak die
balans van die beesvleis wat voorsien word uit.
Description
Keywords
Meat -- Quality, Slaughtering and slaughter houses -- South Africa -- Bloemfontein, Dissertation (M.Sc.Agric. (Animal, Wildlife and Grassland Sciences))--University of the Free State, 1979