The social relations of the taxi industry in South Africa: contending theories of corporatism, pluralism and systematic patronage

dc.contributor.advisorKotzé, H. J.
dc.contributor.advisorDu Toit, P. v.d. P.
dc.contributor.advisorHudson, H.
dc.contributor.authorCroucamp, Petrus Abraham
dc.date.accessioned2017-03-23T09:22:54Z
dc.date.available2017-03-23T09:22:54Z
dc.date.issued2002-11
dc.description.abstractAfrikaans: Hierdie tesis ondersoek die sosiale verhoudinge wat die taxi industrie van Suid-Afrika verbind aan die staat, maar ook aan ander sosiale en politieke vorminge binne die samelewing. Die assumpsie is dat ooreenkomste en institusionele verordeninge wat voortvloei uit dié verhoudinge 'n integrale deel vorm van die diskoers wat staat en nasie-vorming onderlê, maar ook die teoretiese veronderstellings van die sogenaamde burgerlike samelewing. Die studie gee dan ook, eerstens, 'n empiriese en deskriptiewe omskrywing van die vernaamste kenmerke van die taxi industrie, asook die historiese momente wat aanleiding gegee het tot die huidige verhouding tussen die staat en die industrie. Tweedens word drie teorieë aangebied ter verklaring en interpretasie van bepaalde tendense in genoemde verhoudings. Pluralisme, korporatisme en sistemiese patronaatstelsels as kompeterende veronderstellings en teorieë van reg en geregtigheid word voorgehou as die dominante teoretiese diskoerse. In kritiek op die teorieë, maar ook ter aanvulling van bepaalde identifiseerbare tekortkomminge in die verklaringskapasiteit van die teorieë, word regime teorie ingewerk en veral korporatisme word konseptueel verbreed om voorsiening te maak vir die pertinente teenwoordigheid van informele oorlewing, 'n spesifieke kenmerk van ontwikkelende politieke ekonomieë. Van die belangrikste gevolgtrekkings van die studie sluit in, eerstens, dat die samelewing in Suid-Afrika nie sondermeer voldoen aan die konseptuele en historiese veronderstellings van 'n burgerlike samelewing nie. Ten tweede dat die wyse waarop die staat homself verbind aan die samelewing dikwels kenmerke toon van die opportunistiese verbintenisse van patronaatskap wat dan ten gevolg het dat formele verhoudinge ten beste omskryf kan word as kompromieë: 'n institutionele verordening wat buite die konseptuele parameters van konsensus en pluralisme val. Kompromieë is kenmerkend ten koste van die outonomie van die staat en sentreer hoofsaaklik rondom die sydige verspreiding van daardie oorlewingsstrategieë wat die staat veronderstel word eweredig te versprei. Indien die beginsels van 'n liberaal demokratiese bestel voorgehou word as 'n konstitusionele uitgangspunt, soos dit wel in Suid-Afrika gedoen word, kan spesifieke operasionele gebreke en afwykings in die beleidsformulering wat demokratiese stelsels onderlê in Suid-Afrika, identifiseer word. Hierdie studie belig sodanige gebreke deurlopend en spesifiek aan die hand van die taxi industrie.af
dc.description.sponsorshipUniversity of the Northen_ZA
dc.description.sponsorshipVista Universityen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/5984
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectUrban transportation policy -- South Africaen_ZA
dc.subjectIndustrial relationsen_ZA
dc.subjectTaxicabs -- South Africa -- Government policyen_ZA
dc.subjectThesis (Ph.D. Political Science))--University of the Free State, 2002en_ZA
dc.titleThe social relations of the taxi industry in South Africa: contending theories of corporatism, pluralism and systematic patronageen_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
CroucampPA.pdf
Size:
16.52 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: