The social relations of the taxi industry in South Africa: contending theories of corporatism, pluralism and systematic patronage
Loading...
Date
2002-11
Authors
Croucamp, Petrus Abraham
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Hierdie tesis ondersoek die sosiale verhoudinge wat die taxi industrie van Suid-Afrika
verbind aan die staat, maar ook aan ander sosiale en politieke vorminge binne die
samelewing. Die assumpsie is dat ooreenkomste en institusionele verordeninge wat
voortvloei uit dié verhoudinge 'n integrale deel vorm van die diskoers wat staat en
nasie-vorming onderlê, maar ook die teoretiese veronderstellings van die sogenaamde
burgerlike samelewing. Die studie gee dan ook, eerstens, 'n empiriese en deskriptiewe
omskrywing van die vernaamste kenmerke van die taxi industrie, asook die historiese
momente wat aanleiding gegee het tot die huidige verhouding tussen die staat en die
industrie. Tweedens word drie teorieë aangebied ter verklaring en interpretasie van
bepaalde tendense in genoemde verhoudings. Pluralisme, korporatisme en sistemiese
patronaatstelsels as kompeterende veronderstellings en teorieë van reg en geregtigheid
word voorgehou as die dominante teoretiese diskoerse. In kritiek op die teorieë, maar
ook ter aanvulling van bepaalde identifiseerbare tekortkomminge in die
verklaringskapasiteit van die teorieë, word regime teorie ingewerk en veral
korporatisme word konseptueel verbreed om voorsiening te maak vir die pertinente
teenwoordigheid van informele oorlewing, 'n spesifieke kenmerk van ontwikkelende
politieke ekonomieë. Van die belangrikste gevolgtrekkings van die studie sluit in,
eerstens, dat die samelewing in Suid-Afrika nie sondermeer voldoen aan die
konseptuele en historiese veronderstellings van 'n burgerlike samelewing nie. Ten
tweede dat die wyse waarop die staat homself verbind aan die samelewing dikwels
kenmerke toon van die opportunistiese verbintenisse van patronaatskap wat dan ten
gevolg het dat formele verhoudinge ten beste omskryf kan word as kompromieë: 'n
institutionele verordening wat buite die konseptuele parameters van konsensus en
pluralisme val. Kompromieë is kenmerkend ten koste van die outonomie van die staat
en sentreer hoofsaaklik rondom die sydige verspreiding van daardie
oorlewingsstrategieë wat die staat veronderstel word eweredig te versprei. Indien die
beginsels van 'n liberaal demokratiese bestel voorgehou word as 'n konstitusionele
uitgangspunt, soos dit wel in Suid-Afrika gedoen word, kan spesifieke operasionele
gebreke en afwykings in die beleidsformulering wat demokratiese stelsels onderlê in
Suid-Afrika, identifiseer word. Hierdie studie belig sodanige gebreke deurlopend en
spesifiek aan die hand van die taxi industrie.
Description
Keywords
Urban transportation policy -- South Africa, Industrial relations, Taxicabs -- South Africa -- Government policy, Thesis (Ph.D. Political Science))--University of the Free State, 2002