Praktiese voorstelle vir bedieningsvernuwing, sending en kerklike verhoudinge: NGKA Waterbron

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Bezuidenhout, Jan Christoffel

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

Uit observasie en betrokkenheid by die NGKA Waterbron Gemeente, is daar tot die besef gekom dat daar sekere probleme is wat betref die plaaslike sending van die NG Kerk, wat haar bestaan as kerk van Christus raak, omdat ons glo dat die sending die kern van die kerk se bestaan is. In hierdie studie poog die navorser om wesenlike probleme te identifiseer aan die hand van 'n empiriese ondersoek en 'n situasie-analise van die konkrete situasie van die NGKA Waterbron. Voorts word dit in verband gebring met die NG Kerk, as naaste gereformeerde kerk met dieselfde belydenisgrondslag. Relevante kerkhistoriese dokumente en tersaaklike literatuur word bestudeer ten einde praktiese voorstelle le gee vir bedieningsvernuwing, sending en kerklike verhoudinge, sodat beide kerke in die konteks kerk van Christus kan wees. Hierdie studie is ook aktueel omdat daar wesenlike probleme in die plaaslike sending van die NG Kerk ondervind word, wat veel wyer as die Ring van Waterbron strek. Dit blyk duidelik uit die groot aantal herderlose sendinggemeentes in die Vrystaat. Die studie is ook aktueel omdat daar vandag ook baie meer op die plaaslike gemeente as missionere gemeentes gefokus word. Eerstens word die skriftuurlike begronding vir die sendingverantwoordelikheid van plaaslike gemeentes en die wyses waarop uiting daaraan gegee kan word, behandel. Daama volg die historiese verloop van die verhouding tussen die NG Kerk en die NGKA Waterbron, ten einde ook probleme in hierdie verhouding te identifiseer. Dan volg 'n studie van die NG Kerk in Afrika Waterbron, ten einde laastens probleme te identifiseer en praktiese voorstelle aan le bied as 'n moontlike oplossing vir bedieningsvernuwing, sending en kerklike verhoudinge.

Description

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By