Die transpirasie van 'n aantal Karoobossoorte
Loading...
Date
1964-12
Authors
Du Preez, Charles Matthias Rowe
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die Karoobossies speel 'n belangrike rol as
dierevoedsel in die Karoogebied en tree ook op as indringerplante
na die noorde en die ooste. Aangesien
hierdie unieke dwergstruike meesalonder droogtetoestande
groei en water n beperkende faktor is, is besluit om
'n studie te maak van die transpirasie van 'n aantal
bossiesoorte. Hierdeur kan 'n bydrae gelewer word tot
die fisiologies-ekologiese kennis van hierdie gebied.
'n Oorsig word gegee van die verskillende transpirasiebepalingsmetodes.
Dit blyk dat die "Momentele
weegmetode" van Stocker die mees praktiese metode is
om die transpirasie van Karoobossies onder veldtoestande
te meet. Die vernaamste beswaar teen hierdie metode
is die feit dat van afgesnyde plantdele gebruik gemaak
word. 'n Kritiese beskouing van die metode, die proefterrein
en die proefmateriaal, oorbrug hierdie beswaar
in 'n groot mate.
Die proefterrein is geleë aan die voet van
'n reeks dolerietrante en bestaan uit 'n uniforme bossiebedekking.
Die Karoobossies is houtagtige xeromorfe
dwergstruike. 'n Beskrywing word gegee van die blare,
stingels en wortels van die bossies. Die suigkrag
van die wortels van 'n aantal bossiesoorte is bepaal.
Dit blyk dat die stadige transpireerders hoër suigkragte
het as die vinnige transpireerders. Gereelde waarnemings
van die fenologiese stadium waarin die bossies
verkeer, is gemaak. Dit blyk dat hul aktiefste groei
in die herfs en in die winter plaasvind, terwyl die
meeste bossies in die voorsomer blom.
Gegewens oor die verloop van die vernaamste
klimatologiese faktore gedurende die proeftydperk,
asook vir die dae waarop die transpirasiobepalings uitgevoer
is, is verskaf.
Proewe is met Medicago sativa uitgevoer ten
einde die waterhuishouding van n mesomorfe plant met
dié van die Karoobossies te vergelyk.
1. Na afsnyding van die takkies neem die waterverliestempo
van M. sativa heelwat gouer af, as wat dit
in die geval met die afgesnyde bossietakkies was.
2. In albei gevalle neem die transpirasietempo skerp
toe in die oggend. Die bossies se transpirasie
neem egter gou weer af, wat waarskynlik toegeskryf
kan word aan die vroeë sluiting van die stomata.
3. Phymaspermum parvifolium en Lycium arenicolum
se maksimum transpirasiewaardes verskil nie veel
van die maksimum waarde van M. sativa nie. Hierdie
gegewens bevestig die bevindinge van vorige
navorsers dat, onder gunstige grondvogtoestande,
xeromorfe plante net so vinnig kan transpireer
as mesomorfe plante.
Die verloop van die waterverlies van afgesnyde
bossietakkies is gemeet en die volgende gevolgtrekkings
is uit die resultate gemaak:
1. By lae grondvogtoestande neem die transpirasie
baie gouer af as by hoër grondvogtoestande.
2. Aanvanklik het stomatêre transpirasie plaasgevind,
maar nadat die stomata hidroaktief gesluit
het, vind slegs kutikulêre transpirasie plaas.
3. Oor die algemeen sal dit veilig wees om die
transpirasie van afgesnyde takkies binne tien
minute na die afsnyding te bepaal.
'n Eksperiment is met Pentzia incana uitgevoer,
waarin die transpirasie gedurende die loop van n
dag in vyfvoud bepaal is. Die resultaat het daarop
gedui dat betroubare transpirasiewaardes verkry sou
word, indien slegs een bepaling per tydstip per bossiesoort gedurende die loop van 'n dag uitgevoer sou word.
Die transpirasie en die relatiewe turgessensie
van Penzia incana en pteronia tricephala is gelyktydig
gedurende die loop van twee dae bepaal. Dit blyk dat
die transpirasie en die relatiewe turgessensie teenoorgestelde
neigings vertoon en ook in 'n groot mate die
hidratuur van die plant beheer.
Die verloop van die transpirasie van agt
Karoobossoorte is gelyktydig gedurende 'n dag in die somer, 'n dag in die herfs,
'n dag in die winter en 'n dag in die voorsomer bepaal. Die volgende inligting is uit die resultate verkry:
1. Die maksimum transpirasiewaardes van Phymaspermum
permum parvifolium en Lycium arenicolum is oor
die algemeen hoër as die ander bossiesoorte s'n.
2. Die stadig transpirerende bossies se wortels
het skynbaar laer suigkragte as die wortels van
P. parvifolium en L. arenicolum.
3. Die daaglikse transpirasiekurwes volg waarskynlik
dieselfde neiging as die daaglikse evaporasiekurwes,
maar wyk dikwels af van die evaporasiekurwe
a.g.v. interne watertekorte en die werking van
die stomata.
4. Met sonop neem die transpirasie skerp toe en
bereik gewoonlik gedurende die oggend 'n maksimum
waarde, waarna die transpirasie weer afneem. In
die namiddag kom daar dikwels 'n toename in die
transpirasie voor, maar neem dan later in die
middag saam met die evaporasie af.
Description
Keywords
Botany -- South Africa -- Karoo, Pastures -- South Africa -- Karoo, Shrubs -- South Africa -- Karoo, Dissertation (M.Sc. (Plant Science))--University of the Free State, 1964