'n Prinsipieel-didaktiese studie van die onderwysstruktuur van die UOVS, met besondere verwysing na 'n didaktiese ontwerp vir 'n buitemuurse afdeling
Loading...
Date
1980-12
Authors
Bitzer, Elias Matthys
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Vanweë 'n snel-ontwikkelende wêreld, moet onderwysinstellings
voortdurend besin oor die vraag of hulle, ten opsigte
van die soorte onderwys wat hulle aanbied, aan die
behoeftes van die tyd voldoen.
Buitemuurse onderwys, as een van die soorte onderwys aan
die universiteit in die algemeen en die Universiteit van
die Oranje-Vrystaat (UOVS) in die besonder, is in hierdie
verhandeling deurskou. ·Die hipotese is gestel, nl. dat,
voortvloeiend uit die unieke wese en funksie van die UOVS,
buitemuurse onderwys 'n unieke, verantwoorde plek en taak
het. Hierdie besondere plek en taak noodsaak onder meer
die daarstelling van didaktiese riglyne, waarvolgens 'n
onderwyssisteem (met sub-sisteme) vir die buitemuurse afdeling
van die UOVS op alle vlakke van universiteitsonderwys
verbesonder kan word.
Ten einde die gestelde hipotese te bewys, is daar ter aanvang
na die verskillende ontwikkelingstydperke in die Westerse
universiteitswese verwys, terwyl die moderne universiteit
en die universiteit in die RSA ook bespreek is. Met
hierdie historiese agtergrond in gedagte is daar gepoog om
die plek, wese en funksies van die moderne universiteit te
tipeer, waarna die kernfunksies van die universiteit, nl.
dié van onderwys, navorsing en samelewingsdiens nader belig
is.
Die onderwyskomponent is voorts in besonderhede beskryf, en
wel in terme van die plek en doel van voorgraadse, nagraadse,
voortgesette en voortdurende onderwys aan die moderne universiteit
in die algemeen en die UOVS in die besonder.
As 'n besondere soort onderwys, is buitemuurse onderwys vervolgens
van nader bekyk deur eerstens na voorbeelde in drie
Westerse lande te verwys en tweedens deur buitemuurse onderwys aan tien residensiële universiteite in die RSA te omskryf.
Enkele onderwysplanne en/of -sisteme, wat moontlikhede vir
toepassing in buitemuurse onderwys bied, is ook nader toegelig,
terwyl die nuwe na-uurse onderwyssisteem van die Randse
Afrikaanse Universiteit (as 'n voorbeeld van 'n besDndere
toepassing in buitemuurse onderwys) in oënskou geneem
is.
Om die situasie ten opsigte van buitemuurse onderwys aan die.
UOVS te ontleed, is van 'n ondersoek gebruik gemaak wat gedurende
1979/80 deur die Akademiese Beplanningskomitee van
die UOVS geloods is. Hier is veral gelet op die didaktiese
fasette wat ter sprake was (die volledige verslag van die
ondersoek is egter ook as bylaes tot die verhandeling toegevoeg).
'n Didaktiese ontwerp, waarvolgens 'n onderwyssisteem vir
voorgraadse, buitemuurse onderwys aan die UOVS verbesonder
kan word, en waarin onder meer van die akademiese beleid
van die UOVS en die Christelik-wysgerige, didaktiese beginselleer
gebruik gemaak is, het die verhandeling afgesluit.
Description
Keywords
Education -- Aims and objectives, Evening and continuation schools -- South Africa, Dissertation (M.Ed. (Didactic Pedagogics))--University of the Free State, 1980