Die manifestasie van studentemag en die wortels van studenteoproer aan die Engelstalige universiteite van Suid-Afrika sedert die jare sestig - 'n eietydse geestesgeskiedenis

dc.contributor.advisorVan Schoor, M. C. E.
dc.contributor.authorCombrink, N. L.
dc.date.accessioned2018-02-28T07:44:34Z
dc.date.available2018-02-28T07:44:34Z
dc.date.issued1982-01
dc.description.abstractAfrikaans: Die patroon van studenteverset aan die Engelstalige kampusse van Suid-Afrika is in die eerste instansie In weerspieëling van die ideologiese tweespalt in die breër blanke samelewing oor die volkereverhoudingsvraagstuk. Die blanke studente het weens faktore eie aan die studentegemeenskappe, die taal en kultuurskeidslyne oorgeaksentueer. Na 1948 het die Engelstalige universiteite die rol van die aktiewe teenstanders van die regering beklee, terwyl die Afrikaanse kampusse die ondersteuners van die politieke status quo geword het. Hierdie gesindheidskontraste is dikwels terug te vind in die ontwikkelingsgeskiedenis van die universiteite self en die interuniversitêre liggame soos die Afrikaanse Studentebond (ASB) en die Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS). Die eerste duidelike manifestasie van studenteverset aan die Engelstalige kampusse staan in verband met die regering se vestiging van aparte universiteite vir Blank en Swart kragtens die Wet op die Uitbreiding van Universiteitsopleiding, (1959). Deur die instelling van akademiese vryheidswydingsgeloftes het die Engelstalige universiteite hulself verbind aan In beskouing dat die gemeenskap van dosente en studente rasseskeiding aan die universiteite teenstaan, en akademiese meriete en die strewe na waarheid as die enigste maatstawwe vir toelating aanvaar. Omdat die politieke bestel van die Suid-Afrikaanse samelewing waarbinne hierdie universiteite genestel is, in hoofsaak op 'n beleid van rasseskeiding gegrondves is, het dit hierdie universiteite op In konflikpad met die Suid-Afrikaaanse regering geplaas. In hierdie opset het NUSAS homself in die rol van In ideale kernorganisasie gegiet wat die studente-aksie van In oorkoepelende strategie voorsien het. Omdat NUSAS 'n tussenuniversitêre organisasie is, is die universiteitsowerhede nie by magte om die organisasie aan hulle gesag te onderwerp nre. Daarby het NUSAS deur middel van sy geaffilieerde studenterade en die plaaslike NUSAS-komitees 'n tasbare skakeling met al die betrokke kampusse gehad. Deur sy organisatoriese bande met die kampus kon NUSAS 'n landswye versetbeweging op tou sit deur plaaslike versetaksies te koordineer en gemeenskaplike deelname bewerkstellig. Die achilleshiel van NUSAS is egter dat hy moeilik sy karakter as 'n nasionale unie van studente kan handhaaf in 'n landsopset waar die kultuurgebonde Afrikanerstudent en die vryheidsbewuste swart student telkens weg geneig het. Om die swart student binne die NUSAS-vangkamp te hou, het NUSAS hom al hoe meer met die swart studente se politieke aspirasies vereenselwig, terwyl dit aan die anderkant ook die kampvegter vir die liberale lewenshouding en opvatting is.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7883
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectStudent strikes -- South Africa -- Historyen_ZA
dc.subjectUniversities and colleges -- South Africaen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (History))--University of the Free State, 1982en_ZA
dc.titleDie manifestasie van studentemag en die wortels van studenteoproer aan die Engelstalige universiteite van Suid-Afrika sedert die jare sestig - 'n eietydse geestesgeskiedenisen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
CombrinkNL.pdf
Size:
13 MB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: