Die manifestasie van studentemag en die wortels van studenteoproer aan die Engelstalige universiteite van Suid-Afrika sedert die jare sestig - 'n eietydse geestesgeskiedenis
Loading...
Files
Date
Authors
Combrink, N. L.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die patroon van studenteverset aan die Engelstalige
kampusse van Suid-Afrika is in die eerste instansie In
weerspieëling van die ideologiese tweespalt in die breër
blanke samelewing oor die volkereverhoudingsvraagstuk. Die
blanke studente het weens faktore eie aan die studentegemeenskappe,
die taal en kultuurskeidslyne oorgeaksentueer.
Na 1948 het die Engelstalige universiteite die rol van die
aktiewe teenstanders van die regering beklee, terwyl die
Afrikaanse kampusse die ondersteuners van die politieke
status quo geword het. Hierdie gesindheidskontraste is dikwels
terug te vind in die ontwikkelingsgeskiedenis van die
universiteite self en die interuniversitêre liggame soos
die Afrikaanse Studentebond (ASB) en die Nasionale Unie van
Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS).
Die eerste duidelike manifestasie van studenteverset aan
die Engelstalige kampusse staan in verband met die regering
se vestiging van aparte universiteite vir Blank en Swart
kragtens die Wet op die Uitbreiding van Universiteitsopleiding,
(1959). Deur die instelling van akademiese vryheidswydingsgeloftes
het die Engelstalige universiteite hulself
verbind aan In beskouing dat die gemeenskap van dosente en
studente rasseskeiding aan die universiteite teenstaan, en
akademiese meriete en die strewe na waarheid as die enigste
maatstawwe vir toelating aanvaar. Omdat die politieke bestel
van die Suid-Afrikaanse samelewing waarbinne hierdie
universiteite genestel is, in hoofsaak op 'n beleid van
rasseskeiding gegrondves is, het dit hierdie universiteite
op In konflikpad met die Suid-Afrikaaanse regering geplaas.
In hierdie opset het NUSAS homself in die rol van In ideale
kernorganisasie gegiet wat die studente-aksie van In oorkoepelende
strategie voorsien het. Omdat NUSAS 'n tussenuniversitêre
organisasie is, is die universiteitsowerhede
nie by magte om die organisasie aan hulle gesag te onderwerp
nre. Daarby het NUSAS deur middel van sy geaffilieerde studenterade en die plaaslike NUSAS-komitees 'n tasbare skakeling
met al die betrokke kampusse gehad. Deur sy organisatoriese
bande met die kampus kon NUSAS 'n landswye versetbeweging op
tou sit deur plaaslike versetaksies te koordineer en gemeenskaplike
deelname bewerkstellig.
Die achilleshiel van NUSAS is egter dat hy moeilik sy karakter
as 'n nasionale unie van studente kan handhaaf in 'n landsopset
waar die kultuurgebonde Afrikanerstudent en die vryheidsbewuste
swart student telkens weg geneig het. Om die swart
student binne die NUSAS-vangkamp te hou, het NUSAS hom al
hoe meer met die swart studente se politieke aspirasies
vereenselwig, terwyl dit aan die anderkant ook die kampvegter
vir die liberale lewenshouding en opvatting is.
