'n Geografiese ondersoek na die uitwerking van enkele ruimelike veranderlikes op die gang van nywerheidsvestiging in Qwaqwa
Loading...
Date
1987-11
Authors
Claassen, Johannes Hendrik Daniel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: As aanloop tot die tema is die tydruimtelike evolusie van die Suid-
Afrikaanse ekonomiese sisteem in breê trekke geskets. Daar Qwaqwa deel
is van die breër Suid-Afrikaanse ekonomiese struktuur is die identifisering en omskrywing daarvan noodsaaklik en word die gebied ooreenkomstig bestaande inligting as 'n afwaartse oorgangsone geklassifiseer.
Die mens se organisasie van ekonomiese ruimte vertoon duidelike fokusse van ruimtelike konsentrasie. Die Suid-Afrikaanse ruimtelike patroon is geen uitsondering nie en die voorkoms van 'n aantal kernstreke met hoë intensiteit daaromheen word aangetoon. Die bevolkingsbeleid van
afsonderlike ontwikkeling het die destydse regering verpIig om
onverwylde aandag aan die aangeleentheid te skenk en die uitkoms daarvan
was 'n beleid van nywerheidsdesentralisasie. Enersyds was die doelwit
van laasgnoemde beleid die skepping van nywerhede en gepaardgaande
werkgeleenthede in minder ontwikkelde gebiede ten einde die ekonomiese basis van hierdie gebiede te versterk en die instroming van swarters na blanke-gebiede te beperk.
Andersyds was die beleid ook gemik op die ewewigtige verbreiding van ekonomiese aktiwiteite oor 'n groter geografiese ruimte.
Ten einde die aantrekkingskrag van hierdie gebiede te verhoog word
desentralisasievoordele aan voornemende nyweraars beskikbaar gestel,
maar die vraag ontstaan tot watter mate sodanige stimulering, met
inagneming van die talle beperkings eie aan 'n buiterandstreek,
suksesvol is.
In Hoofstuk 2 (afdeling 2.7) word dit as hipotese gestel dat die
vestiging en ontwikkeling van nywerhede in Qwaqwa benadeel word deur 'n
kombinasie van enkele ongunstige vestigingsfaktore, waaronder:
1. gebrekkige infrastruktuur.
2. beperkte natuurlike hulpbronne.
3. ontoereikende lokale mark.
4. relatiewe geïsoleerdheid ten opsigte van metropolitaanse gebiede.
Daarteenoor word dit ook gestel dat die volgende faktore 'n beduidende
rol in die vestiging en groei van nywerhede in Qwaqwa vervul, naamlik:
1. sentrale ligging, veral met betrekking tot die PWV-gebied asook Durban en omgewing.
2. desentralisasievoordele en owerheidsbesluitneming.
3. die beskikbaarheid van arbeid en 'n stabiele arbeidsmag.
In Hoofstuk 3 en 4 word ondersoek ingestel na die voordele en nadele
verbonde aan 'n nywerheidspIasing in Qwaqwa en in Hoofstuk 5 word die
resultate van die ondersoek saamgevat en word die volgende negatiewe
vestigingsfaktore geïdentifiseer:
Negatiewe vestigingsfaktore
- enkele aspekte betreffende infrastruktuur
- gebrek aan grondstowwe
- relatiewe geïsoleerdheid
- hoë vervoerkostes
- ontoereikende behuising
- tekort aan opgeleide ambagsmanne en tegnici
- gebrekkige hulpdienste
In dieselfde hoofstuk (5) word bovermelde negatiewe vestigingsfaktore
met die gestelde hipoteseformulerings vergelyk en as volg geverifieer:
1. Enkele aspekte betreffende infrastruktuur blyk beslis 'n negatiewe
uitwerking te hê op die vestiging en ontwikkeling van nywerhede in
Qwaqwa en wel om die volgende redes:
1.1 die gebrek aan 'n direkte spoorverbinding met Phuthaditjhaba
word deur 69,1 % van die nyweraars as 'n belangrike
tekortkoming uitgesonder (tabel 3.14).
1.2 38,2 % van die nyweraars is van mening dat vervoergeriewe by
fabrieksperseie ontoereikend is (tabel 3.15).
1.3 tekortkominge met betrekking tot sekuriteit, brandweerdienste,
kantoorfasiliteite, eetplekke, klankdigtheid en die verhitting
van fabrieksgeboue (tabelle 3.15 en 3.16).
1.4 'n gebrek aan die tydige beskikbaarheid van geskikte fabrieksgeboue
word deur 49,1 % van die nyweraars aangemeld (afdeling
3.2.2.2).
2. Die gebrek aan grondstowwe benadeel die vestiging en ontwikkeling
van nywerhede en ondersteun die gestelde hipotese.
2.1 volgens aankoopwaarde voorsien Qwaqwa en die omliggende Oos-
Vrystaat in slegs 9,3 % van die totale grondstofbehoeftes van
nywerhede (tabel 3.19).
3. Relatiewe lang afstande en hoê vervoerkostes ondersteun die hipotese ten opsigte van relatiewe geïsoleerdheid met betrekking tot
metropolitaanse gebiede.
3.1 alhoewel Qwaqwa sentraal geleë is tussen Durban en die PWV-gebied, bestempel 72,7 % van die nyweraars hul teenswoordige
nywerheidsligging as redelik tot aansienlik geïsoleerd (tabel
3.28) .
3.2 as gevolg van bovermelde word hoë vervoerkoste as die
belangrikste negatiewe bedryfsaspek uitgesonder (tabelle 3.30,
3. 36 en 3. 40)
4. Ontoereikende behuising is nie as 'n hipotese gestel nie, maar is
tydens die ondersoek as 'n negatiewe vestigingsfaktor geïdentifiseer.
Die tekort aan behuising is veral van toepassing op Indiër sakemanne en word as 'n ernstige knelpunt beleef (afdeling 3.2.1.2).
5. Alhoewel dit nie as 'n hipotese gestel is nie, word 'n tekort aan
opgeleide ambagsmanne en tegnici asook gebrekkige hulpdienste as
negatiewe vestigingsfatore geïdentifiseer.
5.1 52,7 % van die nyweraars ondervind ernstige tekorte aan
personeel in die tegniese beroepskategorieë (tabel 3.6).
5.2 in terme van geldwaarde is 75,3 % van alle hulpdienste van
gebiede buite Qwaqwa afkomstig (tabel 3.32).
Benewens die vermelde negatiewe vestigingsfaktore word ook die volgende
positiewe vestigingsfaktore in Hoofstuk 5 geïdentifiseer:
Positiewe vestigingsfaktore
- sentrale ligging
- belowende plaaslike mark
- aspekte betreffende arbeidsaangeleenthede
- desentralisasievoordele
Bostaande positief gerdentifiseerde vestigingsfaktore word met die
gestelde hipoteses vergelyk en as volg geverifieer:
1. Die sentrale ligging van Qwaqwa met betrekking tot die PWV- en
Durban-omgewing ondersteun die gestelde hipotese en vervul
beduidende rol in die vestiging en ontwikkeling van nywerhede.
1.1 ten spyte van relatiewe gersoleerdheid (tabel 3.28) het 60 %
van die nyweraars laat blyk dat hulle tevrede is met hul
nywerheidsplasing en het die sentrale ligging van Qwaqwa met
betrekking tot die res van Suid-Afrika as die vernaamste rede
aangevoer (tabel 3.25).
1.2 sentrale ligging word as die vernaamste rede aangevoer waarom
Qwaqwa bo ander nywerheidsontwikkelingspunte verkies word
29,1 % van die totale telling (tabel 3.38).
2. Die identifisering van 'n belowende plaaslike mark weerlê die
gestelde hipotese en lewer 'n positiewe bydra tot die vestiging en
ontwikkeling van nywerhede in Qwaqwa (tabelle 2.4, 3.26 en 3.37.
3. Die beskikbaarheid van arbeid en die teenwoordigheid van 'n
stabiele arbeidsmag bevestig die gestelde hipotese. Die volgende
aspekte het die plasingskeuse van nyweraars ten opsigte van
vestiging in Qwaqwa gunstig bernvloed:
3.1 die aanwesigheid van 'n groot arbeidsbron (tabel 3.10).
3.2 positiewe arbeidsgesindhede (tabel 3.40).
4. Soos in die hipotese gestel lewer die beskikbaarheid van desentralisasie voordele 'n beduidende bydra tot nywerheidsvestiging in Qwaqwa. Die sterk trekkrag van desentralisasievoordele word duidelik weerspieël in tabelle 3.10, 3.38, 3.39 en
3.42. Subsidies op lone (tabel 3.33) word as die belangrikste
desentralisasievoordeel geëdentifiseer.
4.1 60 % van die nyweraars wat hervestig het, het gunstige
desentralisasie voordele as die vernaamste rede vir vestiging
in Qwaqwa uitgesonder (tabel 3.42).
Teen hierdie agtergrond en die aanbevelings vervat in Hoofstuk 5 word 'n
ontwikkelingstrategie vir Qwaqwa daargestel. Laasgenoemde strategie
word geformuleer met as agtergrond die gegewe realiteit van nywerheidsontwikkelingspunte asook die inherente beperkings daaraan verbonde en
behels die volgende:
Description
Keywords
Industry -- Location, Qwaqwa -- Industries -- Location, Dissertation (M.A. (Geography))--University of the Free State, 1987