'n Ondersoek na die verband tussen angs, angsvermindering en selfkonsep

Loading...
Thumbnail Image
Date
1988-11
Authors
Cooper, Sidney James
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Verlammende angs is ten spyte van vele navorsing op die terrein steeds 'n werklikheid. Die adolessente dogter in haar unieke ontwikkelingsfase word dikwels deur oormatige angs gekonfronteer. Die gevolg hiervan kan wees dat sy gerem word in haar pogings om haar ontwikkelingstake suksesvol te bemeester (Havighurst, 1972). Indien sy egter haar angs kan beheer of verminder, kan die adolessente dogter se motivering en verwagting van sukses verhoog, aldus Smith en Smith (1966). Volgens Erikson (1968) sal die persoon se begrip van hoe geslaagd hy aan die eise van sy ontwikkelingstake voldoen sy selfkonsep beïnvloed. Om hierdie rede was die doel van die ondersoek om te bepaal wat die effek van die aanleer en ontwikkeling van effektiewe angsverminderingstrategieë op die angsvlak asook die selfkonsep sal wees. Die daarstelling v an so 'n angsverminderingsprogram het derhalwe deel uitgemaak van hierdie ondersoek. Hierdie studie is geloods teen die agtergrond van die totale ontwikkeling van die mens met die klem op die adolessent. Om hierdie rede was dit nodig om 'n oorsig te geev an die normal ontwikkelingstake van die mens in sy onderskeie ontwikkelingsfases met spesiale verwysing na die adolessent. Aandag is gegee aan die hoofgebeure tydens adolessensie asook die rol van die selfkonsep tydens hierdie ontwikkelingsfase. Aangesien hierdie studie gerig was op 'n vermindering in angsvlak van die adolessente dogter, is daar ook verwys na die vernaamste teoretiese uitgangspunte rondom angs. 'n Teoretiese verkenning betreffende die angsverminderingstrategieë wat die adolessente dogter kan gebruik om haar angsvlak te verminder, is gedoen. Aangesien die angsverminderingsprogram in groepverband aangebied is, is daar verwys na die dinamika van opleidingsgroepe. Vervolgens het die vraag na 'n oorhoofse teoretiese model wat kan voldoen aan die behoeftes van 'n navorsingsprojek soos hierdie, ontstaan. Uit die literatuur het geblyk dat Psigo-opleiding soos weergegee deur Schoeman (1983), kan dien as teoretiese en praktiese oplossing in hierdie projek aangesien daar vele raakpunte tussen Psigo-opleiding en hierdie projek gevind is. Die teoretiese en praktykmodel van Psigo-opleiding (Schoeman, 1983) het die basis gevorm vir die metode van ondersoek van hierdie studie. Hierdie model het die navorser in staat gestel om op grond van die beginsels van Algemene Sisteemteorie en Kubernetika soos vervat in die model, die angsverminderingsgedrag van die adolessente dogter te beskou as 'n kubernetiese sisteem (Rademeyer, 1978) sodat die proses van die adolessente dogter se ontwikkeling gegiet kan word in die vorm van 'n selfregulerende sisteem. Om hierdie rede is die eksterne uiteensetting van die programmodules sowel as die interne beplanning van elke module afsonderlik gedoen volgens die beginsels van die kubernetiese siklus. Vir die doeleindes van hierdie studie het die angsverminderingsprogram die funksie van onafhanklike veranderlike vervul, terwyl angsvlak en selfkonsep die afhanklike veranderlikes was. Die volgende hipotese is gestel: Blootstelling aan die angsverminderingsprogram sal lei tot: H : Verhoging van die algemene angsvlak; H : Verbetering van die selfkonsep. Die program is toegepas op 'n groep van vyftien standerd agt en nege dogters. Die eksperimentele ontwerp, naamlik 'n voor- en nameting eksperimentele- en kontrolegroepontwerp is gebruik. Die effek van die onafhanklike veranderlike (angsverminderingsprogram) op die afhanklike veranderlikes (angs en selfkonsep) is bepaal deur die voor- en nametings van die eksperimentele- en kontrolegroepe met mekaar te vergelyk deur middel van die nie-parametriese Mann-Whitney toets vir onafhanklike groepe. Die ondersoek het die volgende resultate opgelewer: (a) Die toepassing van die angsverminderingsprogram het wel 'n vermindering in die angsvlak van die adolessente dogter teweeg gebring. (b) Die toepassing v an die angsverminderingsprogram het geen statisties-beduidende effek op die selfkonsep van die adolessente dogters gehad nie. In die geheel gesien is daar dus gedeeltelik aan die doelwitte van hierdie navorsingsprojek voldoen en dus kan die angsverminderingsprogram met vrug gebruik word vir die toekoms.
Description
Keywords
Anxiety in young women, Adolescent psychology, Adolescent girls, Dissertation (M.Sc. (Clinical Psychology) - University of the Free State, 1989
Citation