'n Christelik-reformatoriese evaluering van die pragmatistiese opvoedingsteorie met besondere verwysing na John Dewey

Loading...
Thumbnail Image
Date
1986-11
Authors
Koortzen, Johannes Gerhardus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Omdat geen totaliteitsvisie op die werklikheid vanuit die beperkte en beperkende vakwetenskaplike gesigshoek moontlik is nie, neem die studie in Hoofstuk II 'n aanvang met enkele wysgerige voorvrae. En aangesien geen wetenskaplike verder ooit religieus meutraal in sy verrekening van die werklikheid kan wees nie, is daar ook gelet op die religieuse antitese in die denke van die mens, die aard van religie, asook die religieuse grondmotiewe wat as voor-teoretiese voorwaardes vir wetenskaplike denke geld en die transendentale voorwaardes wat geld vir all wetenskaplike denke. In Hoofstuk III is aandag gegee aan die aard van die religieuse grondmotief van natuur en vryheid. Die invloed daarvan op die uitkoms van wetenskaplike denke in die algemeen en die grondspanning in die humanistiese denke is op kursoriese wyse belig, met klem op die opkoms van die historisme, en pragmatisme as uitvloeisel daarvan. Teen bogenoemde agtergrond is in Hoofstuk IV 'n oorsig onderneem van die pragmatisme as filosofie. Hierdie ontleding het geskied teen die agtergrond van die volgende grondleggende postulate, te wete diƩ aangaande die vermeende outonomie van die mens, sy emansipasie langs die weg van wetenskaplike beheersing van die werklikheid, asook die relatiwiteit en kontingente aard daarvan. In Hoofstuk V is die aandag toegespits op essensies van die pragmatistiese opvoedingsfilosofie. Die kerntemas wat in Hoofstuk IV gefigureer het, is mutatis mutandis in Hoofstuk V weer aan die orde gestel, dog met die klem op die opvoedkundige implikasies daarvan. Die konsekwensies van voornemende grondleggende aannames in die vakwetenskaplike verrekening van die pedagogiese is onder die soeklig gestel. Hoofstuk VI behels 'n krities-waarderende bestekopname (immanent-, transendentaal- en transendent-krities) van die opvoedingsfilosofie vanuit Christelik-reformatoriese standpunt. In Hoofstuk VII word 'n geheelperspektief op die studie gebied.
Description
Keywords
Pragmatism, Philosophy, Education -- Philosophy, Dissertation (M.Ed. (Philosophical Pedagogics))--University of the Free State, 1986
Citation