'n Ondersoek na bloedplaatjiefunksie met spesiale verwysing na die invloed van weefselekstrakte

Loading...
Thumbnail Image
Date
1973
Authors
Heyns, Anthony du Plessis 
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Bloedplaatjies speel 'n sleutelrol by hemostase en intravas= kulêre, veral arteriële, stolling. Normaalweg kleef plaatjies nie aan die endoteelvoering van bloedvate nie, maar is belang= rik vir die instandhouding van hierdie sellaag. Sodra die onderliggende basaalmembraan en kollageen ontbloot word, word 'n reeks beskermingsreaksies ontketen: Plaatjies kleef aan kollageen, met daaropvolgende eksplo= siewe vrylating van endogene adenosiendifosfaat (ADP) uit plaatjiegranules. Dit lei tot die vorming van 'n losse plaatjieprop as primêre hemostatiese meganisme. Die gelyktydige aktivering van bloedstolling, versnel deur plaatjie-inhoud, lei tot onomkeerbare trornbien-geïndu=" seerde plaatjieklomping en fibrien-versterkte stolselkonsolidasie. Trombose kan gesien word as 'n skadelike variant van hemo= stase, gekenmerk deur 'n meer volledige verloop van hierdie proses en veral deur obstruksie van bloedvloei. Intravasku= lêre murale trombose op areas van bloedvatwandbesering en inkorporasie van die trombus in die arteriële intima-laag speel 'n belangrike rol by die vroeë sowel as laat stadia van die patogenese van aterosklerose. Die aterosklerotiese plaket met sy growwe, gebreekte en soms verkalkte oppervlak, dien dan as grondslag vir verdere trombose en ook plaatjietrombo-embolisme, wat as In belangrike komplikasie van hierdie ernstige degeneratiewe siektetoestand beskou word. In die lig van die feit dat die plaatjie-kollageen interaksie van kardinale belang is by intravaskulêre trombose en selfs aterosklerose, is die invloed van arteriële bloedvatlae op plaatjieklomping verder ondersoek. Ekstrakte berei van Achilles-tendon, aorta-media en aortaintima is verstel tot gelykwaardige proteieninhoud (as indeks van konsentrasie) en die klompingsdoeltreffendheid van die ekstrakte in 'n EEL-klompingsmeter, as verandering in optiese digtheid van plaatjieryk-plasma (PRP) bepaal. Geen kwanti= tatiewe verskille in die klompingsaktiwiteit van Achillestendon en aorta-media is aangetoon nie, terwyl die intimaekstrak as klompingsinduseerder onaktief was. Met behulp van die ensiem kollagenase is bewys dat die media se klompings= aktiwiteit spesifiek kollageen-afhanklik was.Dat arteriële intima nie oor klompingsaktiwiteit beskik het nie, was verrassend aangesien hierdie laag kollageen sowel as basaalm~mbraan bevat. Preinkubasie van kollageen met intima, en ook ADP met intima, het hierdie induseerders se aggregasievermoë geinhibeer. In intima was daar dus 'n in= hibitor van plaatjieklomping aanwesig. Met voldoende konsen= trasies van intima-ekstrak kon ADP-geinduseerde klomping totaal geinhibeer word, terwyl dié van kollageen slegs tot maksimum 80% opgehef kon word. Die geaardheid van hierdie inhibitor is verder ondersoek. Met papier kromatografiese analise van die intima-ekstrak kon geen adenosien, die belangrikste fisiologiese inhibitor van p1aatjie-k10mping, aangetoon word nie. Proewe waar die intima-ekstrak en ADP saam geïnkubeer is en deelvolumes van die mengsel daarna papier-kromatografies en met hoë-spanning elektroforese, geskei is, het In tydafhanklike sekwensië1e afbraak van ADP na adenosienmonofosfaat (AMP), ade= nosien, inosien en hipoxantien, getoon. Dit is bekend dat ADP op vergelykbare wyse deur 'n p1asma-ensiemste1se1 afge= breek kan word. Die twee stelsels verskil skynbaar: In teenstelling met die plasma-stelsel het intima-geïnduseerde ADP afbraak gelei tot hoër AMP-vlakke en vertraagde vorming van hipoxantien. Inhibisie van ADP-geïnduseerde klomping was dan die gevolg van ADP afbraak deur intima en die vraag het ontstaan of inhibisie van kollageen-geïnduseerde klomping ook aan ADP-afbraak gekoppel kon word. Opeenvolgende toevoeging van eers intima-e~rak en daarna kollageen by PRP het inhibisie van soortgelyke orde teweeg= gebring as wanneer intima en kollageen voorafgemeng en dan by PRP gevoeg is. Adrenalien en trombien, induseerders met klompingsvermoë wat, soos kollageen, ook deels op vrylating. van plaatjie-ADP berus, het met intima 'n soortgelyke inhibisiedie patroon gewys. Hierdie inhibisie verskil van~patroon waarop adenosien plaatjieklomping teenhou. Die resultaat van hierdie proewe dui daarop dat die kinetika van ADP-afbraak deur die intima-ekstrak (in teenstelling met dié van plasma) van so 'n aard is dat dit in staat is om endogene ADP, vanaf die vrylatingsreaksie, te vernietig voordat hierdie ADP plaatjieklomping kan induseer. Dat kollageen-geïnduseerde klomping tot In maksimum van on= geveer 80% geïnhibeer kan word, is 'n aanduiding dat hierdie klomping uit verskeie fases bestaan. Na 'n latente periode, die lengte waarvan verband hou met die kollageen-konsentrasie, vind die klompingsfase plaas. Hierdie fase berus grotendeels ·(ongeveer 80% van die totaal) op die effek van ADP losgelaat uit plaatjie-granules, en kan deur die intima-ekstrak opge= die hef word. Die kleiner komponent vanAklompingsfase (ongeveer 20% van die totaal) kan nie deur ADP-afbraak inhibeer word nie en is dus waarskynlik aan 'n direkte kollageen-effek toe te skryf. Die hipotese word gestel dat intima 'n belangrike rol mag speel by die bepaling van die uiteindelike grootte van die plaatjieaggregaat wat op In bloedvatbesering volg. Wanneer die be= sering omvangryk is met prominente kollageen-geïnduseerde plaatjieklomping en kontak-aktivering van die stollingsmeganisme, sal bovermelde ADP-afbraak deur intima die hemostatiese reak~ sie waarskynlik min beïnvloed. By die geringe slytasie-trauma waaraan die bloedvatendoteel voortdurend blootgestel is, sal hemostase deur hierdie ADP-afbraak moontlik effektief tot klewing en minimale klomping beperk word. ADP-onafhanklike kollageen-geïnduseerde klomping sou dan genoegsaam kon wees om aan die benodigdhede van die helingsproses te voldoen sonder dat die bykomstige skadelike komplikasies van trombose en em= bolisme uitgelok word. Dit sou belangwekkend wees indien vroeë ateroom met verminderde of vertraagde intimale ADP-afbraak geassosieerd is. Minimale trauma sal dan tot meer.uitgesproke klomping, groter aggregate en moontlik trombose lei. Inkorporasie van hierdie plaatjie= trombi in die arteriële wand sal dan die aterosklerotiese plaket en sy bekende patologiese implikasies tot gevolg hê. In voorlopige steekproewe waar gesonde en ateromateuse intimaekstrakte met ADP geïnkubeer is, kon 'n verskil in ADP-half= leeftyd nie aangetoon word nie. Die eksperimentele model behoort egter verder uitgebou en die probleem uitvoerig onder= soek te word.
Description
Keywords
Platelets, Hemostasis, Pathogenesis, Atherosclerotic disease, Thesis (D.M. (Medicine))--University of the Free State, 1973
Citation