Die rubrieke Advent en Kersfees in die 1978-uitgawe van die Evangeliese Gesange van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika; 'n historiese oorsig en evaluering

Loading...
Thumbnail Image
Date
1979-01
Authors
Ackerman, Berna Barbara
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die verskyning van die 1978-uitgawe van die Evangeliese Gesange is 'n gebeurtenis waarna met groot verwagting uitgesien is deur almal vir wie die kerklied erns is. In die Evangeliese Gesange van 1944 was daar gebreke en tekortkominge wat die daarstelling van 'n nuwe gesangboek noodsaaklik gemaak het. Een van die groot leemtes was 'n gebrek aan voldoende liedere vir die feesgeleenthede in die loop van die kerklike jaar, eilby name Kersfees. Deur middel van hersiening en uitbreiding is getrag om hierdie foute reg te stel. Besondere aandag is geskenk aan die rubriek, Geboorte van Jesus, wat uit 9 liedere bestaan het. In die Evangeliese Gesange 1978 is dit uitgebrei na 32, terwyl 'n rubriek, Advent, met 11 liedere bygevoeg is. Liedere wat;met die geboorte van Christus in verband staan, verskyn reeds in die Bybel, naamlik die Lofsange van Maria, Simeon en Sagaria. Sedert die ontstaan van die Christelike kerk word die Kerslied nog altyd in een of ander vorm aangetref. Die Kerslied. is ook ten sterkste beinvloed deur gebeure in die Kerk, bv. die Hervorming. 'n Groot aantal geestelike volksliedere wat buite die kerk ontstaan hét, het die.Kersgeskiedenis as onderwerp, In Suid-Afrika het 'n tradisie i.v.m. die viering van Kersfees baie langsaam onder die Afrikaners ontwikkel. Die eie volksliederskat het geen Kersliedere opgelewer nie, en die geringe aantal wat uit die hand van Suid-Afrikaanse komponiste ontstaan het, was weens tegniese ingewikkeldheid nie geskik vir algemene gebruik nie. Na aanleiding van die opdrag aan die Interkerklike Hersieningskommissie is die melodieë wat uit die Evangeliese Gesange van 1944 oorgeneem is, hersien, terwyl die 'vat nuut bygekom het in 'n hoë mate in die oorsproruclike melodiese en ritmiese vorm verskyn. Die liedere wat in die rubrieke Advent en Kersfees opgeneem is, gee 'n verteenwoordigendebeeld van die Kerslied in al sy verskyningsvorme. Daar is naamlik Bybelse lofsange, Himnes uit die vroeë Christelike kerk, voorreformatoriese volksliedere waaronder suiwer Latynse liedere, 'Leisen, mengvorme, Marienlieder en Carols. Voorts is daar ook Duitse korale, volksliedere uit die agtiende en negentiende eeue, melodieë uit die Geneefse Psalter, Engelse Hymns, liedere uit die gesangboeke van die Hervormde Kerk van Nederland en die na-Reformatoriese Katolieke kerk, asook 'n paar melodieë van hedendaagse Duitse en Suid- - Afrikaanse komponiste. Navorsing i.v.m. hierdie liedere is bemoeilik omdat so baie in die volksmond ontstaan het, en daar geen bewys is t.o.v. komponis, digter, en in baie gevalle selfs die land van oorsprong nie. Selfs wat die korale en Psalmmelodieë betref, is die outeurskap van die komponiste omstrede. Die liedere het ook in die loop van die tyd talle wysiginge ondergaan. Die Gesange in hierdie rubrieke is nie onbesproke nie, nogtans wil dit voorkom asof die opdrag vir hersiening en uitbreiding in 'n hoë mate deur die Interkerklike Hersieningskommissie nagekom is. Die groot bate lê daarin dat daar nou vir die kerke wat vir die opstel van hierdie bundel verantvioordelik was, voldoende liedere vir Advent en Kersfees is, liedere wat verteenwoordigend is van die beste wat in hierdie besondere genre gelewer is, en wat die ware doel van Kersfees, naamlik Christus wat terwille van sondaars Nens geword het, weergee.
Description
Keywords
Dutch Reformed Church, Africa -- Church history, Reformed Church -- Africa, Christmas songs, Evangelical hymns, Dissertation (M.Mus. (Music))--University of the Free State, 1979
Citation