Die bewyslas by statutere vermoedens met spesiale verwysing na die strafreg

Loading...
Thumbnail Image
Date
1979
Authors
Du Toit, J. I.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Vir die jong (en dikwels ook die ou) regspraktisyn wemel die prak= tiese toepassing van die reg van onsekerhede en onduidelikhede - iets wat vir die ambisieuse en konsensieuse beoefenaar van die reg 'n uitdaging behoort te wees wat hom lei tot verdere regstudie om die betrokke probleme te oorbrug. So 'n studie sal egter lei tot die ondersoek van 'n menigte van bronne op 'n bepaalde punt en sal uiteraard tydrowend wees. 'n Unieke geleentheid doen hom dus voor om by wyse van verhandelings die fynere punte van ons reg te ont= leed en in een bron te versamel. Hierdie verhandeling word dan gerig op die ligging en aard van die bewyslas van toepassing op statutêre vermoedens, spesifiek met be= trekking tot strafbepalings in Suid-Afrikaanse wette. Dit is 'n gebied van die reg wat daagliks mee te doen gekry word in die howe, en wat moontlik te dikwels sonder die nodige begrip deur die staats= aanklaer, verdediging, en selfs ook die regterlike beampte hanteer word. 'n Beskeie poging word hierin gemaak om die bestaande posi= tiewe reg saam te vat en om te wys op juridiese denkfoute wat be= gaan word by die hantering van die besondere probleem. Sonder om voorbarig te wees, moet egter gemeld word dat die probleme wat op dié gebied ondervind word nie soseer die denkfout is nie, maar te dikwels die totale afwesigheid van logiese beredenering om tot 'n gevolgtrekking te kom. Aangesien die statutêre vermoede sonder uitsondering die een of ander belang van die onderdaan, die beskuldigde, raak, word die trefwydte van dié werk meer bepaald gerig op die las wat op 'n be= skuldigde geplaas word wanneer 'n statutêre vermoede teen hom inwerk: afhangende van die aard van dié las, sal die vervolging se posisie geïdentifiseer kan word. Hierdie verhandeling word dan gerig op die ligging en aard van die bewyslas van toepassing op statutêre vermoedens, spesifiek met be= trekking tot strafbepalings in Suid-Afrikaanse wette. Dit is 'n gebied van die reg wat daagliks mee te doen gekry word in die howe, en wat moontlik te dikwels sonder die nodige begrip deur die staats= aanklaer, verdediging, en selfs ook die regterlike beampte hanteer word. 'n Beskeie poging word hierin gemaak om die bestaande posi= tiewe reg saam te vat en om te wys op juridiese denkfoute wat be= gaan word by die hantering van die besondere probleem. Sonder om voorbarig te wees, moet egter gemeld word dat die probleme wat op dié gebied ondervind word nie soseer die denkfout is nie, maar te dikwels die totale afwesigheid van logiese beredenering om tot 'n gevolgtrekking te kom. Aangesien die statutêre vermoede sonder uitsondering die een of ander belang van die onderdaan, die beskuldigde, raak, word die trefwydte van dié werk meer bepaald gerig op die las wat op 'n be= skuldigde geplaas word wanneer 'n statutêre vermoede teen hom inwerk: afhangende van die aard van dié las, sal die vervolging se posisie geïdentifiseer kan word. In die eerste hoofstuk word die reg met betrekking tot die bewyslas, weerleggingslas en bewysmaatstawwe uiteengesit, terwyl in die daar= opvolgende hoofstuk die regsposisie met betrekking tot gemeenregte= like vermoedens uiteengesit word, om te kontrasteer met die stand van sake by die statutêre vermoede wat in detail in hoofstuk 3 be= handel word. In hoofstuk 4 word gepoog om prakties die beginsels van wetsuitleg toe te pas by die statutêre vermoede, ten einde te bepaal of daar inderdaad In bewyslas op In beskuldigde rus by die normale bewoording van In statutêre vermoede. Hoofstuk 5 konsoli= deer die huidige regsposisie en word daar voorstelle gemaak oor hoe die positiewe reg ingeklee behoort te word, in die lig van be= paalde algemene regsbeginsels wat in die voorafgaande hoofstukke uitgelig is.
Description
Keywords
Law practitioner, South African penalties, South African law, Dissertation (LL.B. (Law))--University of the Free State, 1979
Citation