'n Epidemiologiese ondersoek na die geneesmiddelgebruikpatroon onder die volwasse blanke bevolking van die Oranje-Vrystaat

Loading...
Thumbnail Image
Date
1986-01
Authors
Aucamp, Abraham Kuyper
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Algemeen: Die geneesmiddelgebruikspatroon onder die volwasse blanke van die Oranje-Vrystaat is ondersoek met behulp van 'n vraelys wat anoniem beantwoord is. Respondente is groepsgewys met mekaar vergelyk, naamlik die twee geslagte, inkomstegroepe, stedelike en plattelandse bewoners, professionele en nie-professionele persone, ouderdomsgroepe, geneeshere, aptekers en verpleegkundiges, en persone met en sonder afhanklike kinders. Vrae is beantwoord met betrekking tot die berging van medisyne in die huis, die hantering van die doel met medisyne in besit, selfbehandeling deur respondente, interaksie tussen pasiënte, apteker en geneesheer, en die handelinge van ouers met afhanklike kinders ten opsigte van toediening van medisyne. Resultate: Die slaapkamer was die gewildste bergingsplek vir medisyne, met vervolgens die badkamer en die kombuis. Die ouderdomsgroep bo 65 jaar en die nie-prófessionele groep het die slaapkamer as bergingsplek verkies, en die professionele groep die badkamer. Die hoogste inkomstegroep verkies die kombuis, so ook mense met afnanklike kinders. Respondente berg meer geneesmiddels in totaal in die huis as byvoorbeeld die gemiddelde Engelse huishouding, maar die persentasie wat hulle medisyne toesluit , was bykans tweemaal so hoog as vergelykbare oorsese studies. Nogtans is medisyne twee maal meer toeganklik gelaat in die verskillende vertrekke as toegesluit; medisyne word veral in die badkameren kombuis "oop" gelaat. Foutiewe lae skattings van die aantal medisyne-items in die huis kom algemeen voor. Ongeveer 12,0 % van respondente het meer as 20 medisyneitems en 34,9 % het meer as 10 items in die huishouding gehad. Hantering van en doel met medisyne, in besit: Meeste respondente (84,4 %) volg die geneesheer se instruksies altyd noukeurig. Vergeetagtigheid is 'n belangrike rede vir nie-meewerking van respondente. Ongebruikte voorgeskrewe medisyne word dadelik deur 16,0 % van respondente weggegooi terwyl 19,9 % dit hou om weer te gebruik. Veral die professionele groep hou medisyne vir hergebruik. Nie-voorskrifpligtige medisyne, word deur 30,1 % van respondente gehou vir herverbruik. Die raad van 'n apteker of geneesheer met betrekking tot ongebruikte medisyne word selde gevra. Enkele respondente hou rekord van reaksies wat volg op inname van medisyne. Die geneesheer word oorwegend geraadpleeg indien 'n reaksie sou voorkom. Respondente verskaf van hul eie voorgeskrewe medisyne aan ander persone, veral middels vir senuspanning. Hulle is nie bewus daarvan dat dit 'n misdryf is nie. Vergiftiging van kinders met voorgeskrewe en nie-voorskrifpligtige medisyne kom algemeen voor. Selfbehandeling: 'n Hoë persentasie van respondente behandel self hul siektes met oor-dietoonbankmedisyne, veral die ouderdomsgroep bo 65 jaar en die professionele groep, en vrouens meer dikwels as mans. Respondente gebruik ekstra vitamine, tonika en ander gesondheidspreparate; veral die ouderdomsgroep bo 65 jaar asook vrouens en aptekers. Pasiënte om meer as een geneesheer te raadpleeg en versoeke vir herhalings aan verskillende geneeshere te rig. Navrae omtrent moontlike newe-effekte en/of interaksies tussen voorgeen ander oor-die-toonbankmiddels word meestal nagelaat. Geneeshere bestee min tyd om voorskrifte met pasiënte te bespreek. Pasiënte vra nie dikwels dat 'n geneesheer 'n voorskrif moet verduidelik nie. Die gebruikspatroon van gerieesmiddels deur die blanke bevolking van die Oranje-Vrystaat verskil nie radikaal van groepe in oorsese lande nie. Kommunikasie tussen geneesneer- en pasiënt, en apteker en pasiënt ten opsigte van die korrekte gebruik van geneesmiddels toon leemtes en die kennis van die algemene publiek omtrent die rasionele gebruik van medisyne kan verbeter word. Aanbevelings: Potensiële gevare van medisyne wat ingeneem word, veral deur persone vir wie dit nie bedoel is nie, moet baie ernstig onder die aandag van die, algemene publiek gebring word. Die publiek is waarskynlik nie bewus daarvan dat verskaffing van geskeduleerde medisyne aan ander persone, 'n misdryf is nie. Medisyne moet met groter omsigtigheid hanteer word omdat vergiftiging met medisynes 'n potensiële gevaar inhou, veral vir kinders. Die korrekte gebruik van medisyne moet aangemoedig word, veral analgetika. Interaksie tussen pasiënt, apteker en geneesheer ten 'opsigte van medisyne, kan meer positief wees.
Description
Keywords
Drug use, Effect of drugs, Adult population -- Free State, Thesis (D.Med. (Pharmacology))--University of the Free State, 1986
Citation