Dionysius of Halicarnassus: De Demosthene: a critical appraisal of the status quaestionis, followed by a glossary of the technical terms

Loading...
Thumbnail Image
Date
1984-01
Authors
Cronje, Jacobus van Wyk
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: In die De Demosthene word die navorser gekonfronteer met 'n aantal probIeme wat in die geskiedenis van navorsing oor dié boek telkens weer na vore gekom het. Eerstens word mens getref deur die probleem van waaroor die boek nou eintlik handel. Aangesien die inleiding van die boek verlore geraak het, is daar gepoog om die doeI daarvan uit die res van die boek vas te stel. Deur te let op bepaalde retoriese beginsels, is vasgestel dat twee doelstellings geidentifiseer kan word: eerstens, om te bewys dat Demosthenes die beste prosaskrywer is (hoofstukke 1-34); tweedens, om 'n teoretiese uiteensetting te gee van die wyse waarop Demosthenes sy sinne saamstel in terme van die musikale aspek van taal (hoofstukke 35-52). Daar is ook aangetoon dat die struktuur van die De Demosthene nie verstaan kan word sonder inagneming van die retoriese beginsels wat Dionysius toegepas het toe hy hierdie boek geskryf het. Die De Demosthene is oorgelewer as deel van 'n versameIwerk , die De oratoribus antiquis, wat 'n oorkoepelende doelstelling gehad het: om die Attiese redenaars voor te stel as navolgenswaardige modelle vir voomerende redenaars. AlhoeweI daar in die algerene inleiding tot die De oratoribus antiquis 'n belofte gemaak is van 'n werk oor Demosthenes se styl, het navorsers net verloop van tyd begin twyfel of die De Demosthene wel daardie beloofde boek is. Die rede vir die twyfel was die eindomlike andersheid van die boek (in vergelyking net die drie boeke van volume 1 van die De oratoribus antiquis, byvoorbeeld ten opsigte van die lengte daarvan, die verskil in evalueringsisteme en oënskynlike teenstrydighede ten opsigte van die evaluering van verskillende outeurs soos Isocrates en Lysias. Daar is aangetoon dat die verskille outomaties en natuurlik na vore gekom het in die realisering van die doelstellings van die De Demosthene. Vervolgens is die chronologiese verhouding tussen hierdie boek en 'n ander boek van Dionysius wat inhoudelik baie ooreenkomste vertoon met hoofstukke 35-52 van die De Demosthene, die De compositione verborum, bespreek. TradisioneeI is aanvaar dat Dionysius eers hoofstukke 1-34 van die De Demosthene geskryf het, toe die De compositione verborum, en daarna eers die res van die De Demosthene. In hierdie studie is daar gepoog om te bewys dat hierdie gewilde standpunt op spekulasies berus en dat die De campositione verborum as 'n geheeI vóór die De Demoethene voltooi is. 'n Laaste hoofstuk is gewy aan die evalueringsisteme wat gebruik is in die De Demosthene, in besonder aan een, tewete die ás (see full text)-sisteem. Navorsers het hulle blindgestaar teen die teenwoordigheid van die (see full text) en die (see full text) sisteme en nooit die onontbeerlikheid van die (see full text) sisteem raakgesien nie. Daar is aangetoon dat hierdie sisteem net so 'n belangrike rol speel in die boek as die ander twee. 'n Glossarium van die tegniese terminologie is ook ingesluit - nie bloot as 'n aanhangsel tot die studie nie, maar as 'n wesentlike deel daarvan, soos die omvang daarvan (120 bladsye) kan getuig. Die rede vir die insluiting van die glossarium is die ontoeganklikheid van die De Demosthene vanweë die teenwoordigheid van 'n magdom van tegniese terme. Om alles nog te vererger, is daar geen konsekwentheid wat die aanwending van die tegniese terme betref nie: sinonieme word vrylik gebruik en woorde word in 'n groot verskeidenheid van betekenismoontlikhede aangewend. Die glossarium is bedoel as 'n praktiese hulpmiddel vir die navorser van die De Demosthene.
Description
Keywords
Greek literature -- History and criticism, Greek language -- Glossaries, vocabularies, etc., Dionysius of Halicarnassus. De Demosthene
Citation