'n Kruiskulturele ondersoek van die kognitiewe prosesse ná 'n sportbesering

Loading...
Thumbnail Image
Date
2001-11
Authors
Stanley, Ibet Liezel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Hierdie navorsmg het ten doel gehad om kennis aangaande kulturaliteit in die sportsielkunde uit te brei en kognisies tydens rehabilitasie van 'n sportbesering te ondersoek. Sportpersone se kognitiewe ervaringe blyk onderling te verskil. Toetslinge van verskillende ouderdomme, geslagte, kultuuragtergronde en sportsoorte is by die studie betrek. Kultuurgroepe wat by die studie ingesluit is, was swart-, witen bruin sportpersone. Toetslinge het onderskeidelik deelgeneem op provinsiale-, nasionale- en internasionale vlak van kompetisies. Toetslinge kon vir 'n minimum van twee maande nie aan hul sportsoorte deelneem nie as gevolg van hul sportbeserings. Daar is tydens 'n loodsstudie gebruik gemaak van 'n gestruktureerde vraelys. Hierdie vraelys het egter die invordering van data beperk en is daarom slegs ontwikkel en gefinaliseer as 'n semi-gestruktureerde onderhoudsgids. Onderhoude is dan met behulp van hierdie onderhoudsgids gevoer. Onderhoudsvrae was daarop gemik om 'n beskrywing van sportpersone se kognisies tydens rehabilitasie uit te lok. Die volgende kognitiewe prosesse is ondersoek: • Hanteringsmeganismes • Kognisies • Pynervaring • Vrae • Bekommernisse Bandopnames is van die onderhoude geneem en dit is getranskribeer na getikte vorm. Die inligting is hierna deur die QSR NUD*IST - rekenaarprogram gekodeer en geanaliseer. Hierdie rekenaarprogram is spesifiek ontwerp om kwalitatiewe dataverwerking te behartig. Die betroubaarheid is deur die proses van triangulasie verhoog, waar 'n tweede analiseerder by die data-ontledings betrek is. Verskille is bespreek totdat konsensus tussen die analiseerders bereik is. Sportpersone se kognitiewe ervaringe tydens rehabilitasie ná 'n sportbesering blyk individueel te wees. Kultuurspesifieke kognisies is nie deur die studie geïdentifiseer nie. Sportpersone se pynervaring blyk 'n individuele ervaring te wees waarop elkeen verskillend reageer. Sportpersone het ook verskeie verklarings vir hul pynervarings aan die hand gedoen. Hanteringsmeganismes wat sportpersone aangewend het tydens rehabilitasie is geïdentifiseer. Verder is die vrae en bekommernisse waarmee sportpersone tydens rehabilitasie gekonfronteer word, geïdentifiseer. Die doelwit van die navorsing is bereik deurdat kognitiewe prosesse van sportpersone geïdentifiseer is en bydraes gelewer is met betrekking tot kulturaliteit in die sportsielkunde.
Description
Keywords
Sports injuries -- Psychological aspects, Athletes -- Rehabilitation, Dissertation (M.Soc.Sc. (Psychology))--University of the Free State, 2001
Citation