'n Prinsipieel-didaktiese studie van die onderwysstruktuur van die UOVS, met besondere verwysing na 'n didaktiese ontwerp vir 'n buitemuurse afdeling

Loading...
Thumbnail Image
Date
1980-12
Authors
Bitzer, Elias Matthys
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Vanweë 'n snel-ontwikkelende wêreld, moet onderwysinstellings voortdurend besin oor die vraag of hulle, ten opsigte van die soorte onderwys wat hulle aanbied, aan die behoeftes van die tyd voldoen. Buitemuurse onderwys, as een van die soorte onderwys aan die universiteit in die algemeen en die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) in die besonder, is in hierdie verhandeling deurskou. ·Die hipotese is gestel, nl. dat, voortvloeiend uit die unieke wese en funksie van die UOVS, buitemuurse onderwys 'n unieke, verantwoorde plek en taak het. Hierdie besondere plek en taak noodsaak onder meer die daarstelling van didaktiese riglyne, waarvolgens 'n onderwyssisteem (met sub-sisteme) vir die buitemuurse afdeling van die UOVS op alle vlakke van universiteitsonderwys verbesonder kan word. Ten einde die gestelde hipotese te bewys, is daar ter aanvang na die verskillende ontwikkelingstydperke in die Westerse universiteitswese verwys, terwyl die moderne universiteit en die universiteit in die RSA ook bespreek is. Met hierdie historiese agtergrond in gedagte is daar gepoog om die plek, wese en funksies van die moderne universiteit te tipeer, waarna die kernfunksies van die universiteit, nl. dié van onderwys, navorsing en samelewingsdiens nader belig is. Die onderwyskomponent is voorts in besonderhede beskryf, en wel in terme van die plek en doel van voorgraadse, nagraadse, voortgesette en voortdurende onderwys aan die moderne universiteit in die algemeen en die UOVS in die besonder. As 'n besondere soort onderwys, is buitemuurse onderwys vervolgens van nader bekyk deur eerstens na voorbeelde in drie Westerse lande te verwys en tweedens deur buitemuurse onderwys aan tien residensiële universiteite in die RSA te omskryf. Enkele onderwysplanne en/of -sisteme, wat moontlikhede vir toepassing in buitemuurse onderwys bied, is ook nader toegelig, terwyl die nuwe na-uurse onderwyssisteem van die Randse Afrikaanse Universiteit (as 'n voorbeeld van 'n besDndere toepassing in buitemuurse onderwys) in oënskou geneem is. Om die situasie ten opsigte van buitemuurse onderwys aan die. UOVS te ontleed, is van 'n ondersoek gebruik gemaak wat gedurende 1979/80 deur die Akademiese Beplanningskomitee van die UOVS geloods is. Hier is veral gelet op die didaktiese fasette wat ter sprake was (die volledige verslag van die ondersoek is egter ook as bylaes tot die verhandeling toegevoeg). 'n Didaktiese ontwerp, waarvolgens 'n onderwyssisteem vir voorgraadse, buitemuurse onderwys aan die UOVS verbesonder kan word, en waarin onder meer van die akademiese beleid van die UOVS en die Christelik-wysgerige, didaktiese beginselleer gebruik gemaak is, het die verhandeling afgesluit.
Description
Keywords
Education -- Aims and objectives, Evening and continuation schools -- South Africa, Dissertation (M.Ed. (Didactic Pedagogics))--University of the Free State, 1980
Citation