Die verspreiding van kernwapens en internasionale orde

Loading...
Thumbnail Image
Date
1981-01
Authors
Liebenberg, Christiaan Rudolf
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Magsvergrype in al sy vergestaltingsvorme het daartoe gelei dat geen vorm van ordelike internasionale gemeenskap meer daarteen bestand is nie. Vanaf die konvensionele taktiese ontplooiing van strydmagte tot by die vuil agterbakse stedelike terroriste strategie het die droom van vrede en ordelikheid slegs in die vergetelheid geraak. Met die koms van kernwapens het die laaste vesting van die mens getuimel. Gemeenskaplike veiligheid om ordelike en stabiliserende internasionale verhoudinge te verseker, ontwapenings- en wapenbeperkingskongresse en -verdrae - het almal tesame 'n klug geword. Die sukses wat berus op internasionale bereidwilligheid tot samewerking het reeds getoon dat dit 'n mislukking is en aan die hand daarvan het die guerrilla en stedelike terroris homself stewig in die internasionale gemeenskap gevestig. Die suksesse rondom ontwapening- en wapenbeperkings is gemeet aan die gevolge daarvan op die internasionale orde. Die SALT-verdrae is ten spyte daarvan dat dit deur beide die V.S.A. en Rusland onderteken is, eensydig van aard, deurdat net die V.S.A. hom by die bepalings daarvan hou. Die Russiese houding ten opsigte van SALT is die kenmerk van die valsheid van die diplomasie van ons'tyd. Die Kernsperverdrag op sy beurt weer dra die kenmerke van supermoondheid-imperialisme en is tiperend van die ongebondenheid van internasionale orde. Teen hierdie agtergrond het die verspreiding van kernwapens 'n voldonge feit geword met die internasionale gemeenskap wat angstig toekyk wie die, volgende besitter sal wees. Sekuriteit het die wagwoord geword ten opsigte van onderliggende oorsake vir die beperking daarvan en kenmerkend, van sekuriteit is die algehele afwesigheid van 'n oorkoepelende swaardmag om die nodige sanksies af te dwing. Die bekamping van kernwapenverspreiding omrede wêreldsekuriteit het egter die speelbal van die supermoondhede en bestaande kernmoondhede geword en die verdagmaking van mbontlike besitters kenmerkend van hul imperialistiese dreunlyfhouding. Die faktore wat daartoe aanleiding gee dat nasies na kernwapens streef het die werklikheid van ons tyd geword. Nie alleen omrede die eie sekuriteit wat daarsonder nie kan bestaan nie maar ook as gevolg van die plig wat op die eie swaardmag rus, het dit onontbeerlik vir elke soewereine staat geword. Die R.S.A. kan op grond van bogenoemde dus onverwyld daarop aandring dat kernwapens 'n onontbeerlike kommoditeit geword het. Sonder die swaardmag, sonder vriende en gemeenskaplik in die stryd teen die bose, het dit vir die Republiek nodig geword om sy posisie in oënskou te neem en homself te skans teen 'n internasionale gemeenskap wat tot in sy gebeente verrot geraak het.
Description
Keywords
Nuclear weapons (International law), Dissertation (M.A. (Political Science))--University of the Free State, 1981
Citation