Show simple item record

dc.contributor.advisorVisser, J. N. J.
dc.contributor.authorBeukes, Nicolas Johannes
dc.date.accessioned2018-01-22T13:51:35Z
dc.date.available2018-01-22T13:51:35Z
dc.date.issued1969
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7671
dc.description.abstractAfrikaans: 'n Regionale, sedimentologiese studie van die Etage Holkranssandsteen is gedurende Maart 1968 tot Maart 1969, in Natal, Noordoos-Kaapland, die Vrystaat en Lesotho, voltooi. Die etage is in drie rotsstratigrafiese sones, gebaseer op 45 stratigrafiese profiele, ingedeel. Sone I bestaan uit dik- tot baie dikgelaagde, massiewe, baie fynkorrelrige sandsteen tot sanderige sliksteen. Die kontak met die Etage Rooilae is aan die basis van die deurlopende, massiewe sandsteen geneem. Dit is egter nie 'n vaste kontak nie, aangesien daar 'n geleidelike oorgang tussen die Rooilae en holkranssandsteen bestaan. Sone I bereik sy maksimum dikte in die noorde van die geboed en hier word dit veral deur 'n ligbruin of ligrooi kleur en volop kalsitiese konkresies gekenmerk. Holkranse kom algemeen in die sone voor. Hulle vorm deurdat die sandsteen wat 'n kalsitiese matriks bevat, makliker verweer. Klein, lensvormige afsettings met vlakwaterstrukture word dikwels aangetref. Sone II kan as 'n Kruisgelaagde Sone beskryf word. Dit bestaan uit kruisgelaagde en fynbelaagde, relatief growwer, skoon sandsteen tussengelaagd met massiewe, baie fynkorrelrige, vuil sandsteen. Lensvormige afsettings met kenmerkende vlakwaterstrukture is relatief skaars. Sone III bestaan hoofsaaklik uit massiewe, dik- tot baie dikgelaagde, vuil, baie fynkorrelrige sandsteen in die noorde en weste van die gebied. Na die ooste en suide gradeer die sandsteen lateraal in ligbruin en ligrooi, massiewe, dik- tot baie dikgelaagde, slikkerige sandsteen en sanderige sliksteen met volop klein kalsitiese konkresies. Lensvormige afsettings met kenmerkende vlakwaterstrukture kom algemeen voor, maar is veral opvallend op die kontak met die Drakensbergbasalt. Sandsteenlae kom tussengelaagd met die basalt voor en dui daarop dat die sedimentasie nie volledig met die eerste lawavloeiings beëindig is nie. Sedimentasie het in 'n vlak, binnelandse kom plaasgevind. Die afsetting van die Holkranssandsteen het waarskynlik vroeër in die noorde as in die suide van die gebied begin. Dit kan aan 'n geleidelike verskuiwing van klimaat (gekoppel aan Kontinentale Drywing of Poolverskuiwing) toegeskryf word. Die etage bereik sy maksimum dikte in die suidelike deel van die gebied. Die lokale veranderings in dikte is deur die uitvloei van lawas, wat sedimentasie beïnvloed het, en primêre duinstrukture veroorsaak. Die kruisgelaagde eenhede van Sone II kan aan die migrasie van duine toegeskryf word. Die brongebied van die sedimente was na die weste, noordweste en suidweste geleë en het hoofsaaklik uit sedimentêre materiaal van die Serie Beaufort bestaan. Die korrelgrootte van die kruisgelaagde sandsteen neem in die rigting van afsetting af. Die massiewe sandsteen dui op meer stabiele duine na afsetting, deurdat hulle nie herhaaldelik herwerk is nie. Strukture in die sandsteen word deur verwering of die uniformiteit in korrelgrootte verberg. Duine versadig met water het moontlik tot sandvloeiings en die vernietiging van strukture aanleiding gegee. Die korrelgrootteverspreidings van die sandstene stem met die van eoliese sedimente ooreen. Die kwartskorrels in die gesteentes is hoofsaaklik afgerond, maar die primêre afronding is deur diagenese verlaag. Die korrels besit gematte of pokdalige oppervlakke en dit word aan fisies-chemiese prosesse wat in woestyne teenwoordig is, toegskryf. Die sandstene is halfvolwasse en kan hoofsaaklik as sub-grouwakke geklassifiseer word. Die kruisgelaagde sandsteen is beter gesorteer en meer grofkorrelrig as die massiewe sandsteen. Die mineralogiese samestelling dui daarop dat die sedimente van die drie sones vanaf dieselfde brongebied afkomstig is. Seoliete kom in sommige van die sandstene voor en hulle is aan die vulkaniese aktiwiteite verwant. Die afsetting van die drie sones kan aan klimaatsveranderinge gekoppel word. Sones I en III is onder halfdroë woestyntoestande afgeset, terwyl 'n droë klimaat, soortgelyk aan die van 'n ware woestyn, tydens die afsetting van Sone II geheers het. Ten spyte van die droë klimaat het plante- en dierelewe, tot en met die uitvloei van die eerste lawas van die Etage Drakensberg, bly voortbestaan.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Sc. (Geology))--University of the Free State, 1969en_ZA
dc.subject.ddcGeology -- South Africa
dc.subject.ddcSedimentology
dc.subject.ddcSedimentary rocks -- South Africa
dc.titleDie sedimentologie van die Etage Holkranssandsteen, sisteem Karooaf
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record