Die Jordaan-familie: 'n historiese ontleding van hulle genealogie en die vestiging van 'n toerismeroete

Loading...
Thumbnail Image
Date
2005-04
Authors
Jordaan, Marthinus Johannes Steyn
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The origin of the name Jordaan dates back to the Creation, with the name Jordaan as a surname dating back to 970 AD. This study analyses the history of the Jordaan family since the origination of the surname Jordaan in the southwest of France in the Beziers district, through to the arrival of the two Jordaan brothers in South Africa as Huguenots, up until the uneven distribution of the three Jordaan bloodlines in South Africa, and their subsequent distribution until approximately 1955. The history of the Jordaan family in South Africa can only be thoroughly analysed by revising the history of the Waldensian movement, the rise of the Huguenots and Protestantism in France and other European countries, as well as the history of the DElC. This study focuses on the continuous interplay of actions and reactions between the Waldensian and Huguenot movement on the one hand and the French king and the Roman Catholic Church on the other. The study explains how these actions and reactions led to the eventual arrival of the two Jourdan brothers as Huguenots in South Africa in 1688. The project also reveals that despite the large loss of life amongst members of the Waldensian movement since the twelfth century, as well in as the Huguenot movement that ran parallel to the views of Luther and Calvin, these religious movements still exist to this day in certain parts of the world. The suppression of these two movements, particularly in France, gave rise to a mass exodus of French citizens to different parts of the world. The eventual arrival of the two Jourdan brothers in South Africa would, amongst other things, leave a lasting impression on their descendents and others in South Africa. Also in the various communities where members of the Jordaan family resided, there is to this day still evidence of their presence. From the time of the arrival of the two Jourdan brothers in South Africa, they joined the other Huguenots in the Cape in the fight against the DElC authority for religious, educational and economic rights in their new place of residence. This study describes the circumstances in which the Jourdan brothers found themselves and what they did to ensure economic survival. As the number of descendents of the ancestors, Jean Jourdan and lsabeau le Long, increased, the gradual dispersion of the Jourdan family members in South Africa began. The dispersion commenced in approximately 1741 and was almost complete by 1955. The study indicates how the dispersion took place, and also describes the cultural heritage left by the Jordaan family members. Formulas are used to express the percentage of Huguenot blood remaining in the Jordaan family. A map showing the distribution of members of the Jordaan family, as well as a map indicating streets and other places named after members of the Jordaan family, is also provided. The relationship between cultural heritage tourism relating to the Jordaan family and the genealogy of the family is also discussed. The discourse on the origins of the concepts of culture, heritage and cultural heritage is discussed broadly. This section goes on to discuss the concept of cultural heritage tourism, which is a new concept in South Africa. The last section of this study discusses the requirements to be considered when planning a cultural heritage route for the Jordaan family. There are various factors to be taken into account when it comes to planning and setting up the route and constructing an interpretation centre along the recommended cultural heritage route for the Jordaan family. A suggested model for cultural heritage in South Africa is proposed on the basis of legislation and other provisions. The planning of a cultural heritage route for the Jordaan family, including aspects of sustainability, carrying capacity, the difference between tourist and pilgrim and the establishment of interpretation centres in strategic places along the route, is discussed. The different proposals mean that there will no doubt be differing opinions on the subject. It is also possible that there will be different interpretations of the topic, which would stimulate the discourse for wider debate. Differing opinions do not necessarily mean that there will be a right or a wrong opinion .
Afrikaans: Die oorsprong van die naam Jordaan dateer terug na die skepping en die naam Jordaan as familienaam tot 970 nC. Hierdie studie analiseer die geskiedenis van die Jordaan-familie sedert die ontstaan van die familienaam Jordaan in die suidweste van Frankryk in die distrik Beziers, die koms van die twee Jourdan-broers na Suid-Afrika as deel van die Hugenote tot die oneweredige verspreiding van die drie Jordaan-bloedlyne in Suid-Afrika en hulle verspreiding tot ongeveer 1955. Die geskiedenis van die Jordaan-familie in Suid-Afrika kan slegs voldoende ontleed word deur die geskiedenis van die Waldensiese beweging, die ontstaan van die Hugenote en Protestantisme in Frankryk en ander lande in Europa, asook deur die geskiedenis van die vac te hersien. Hierdie studie fokus op die deurlopende wisselwerking van aksies en reaksies tussen die Waldensiese en Hugenotebeweging aan die een kant en die Franse koning en die Rooms-Katolieke Kerk aan die ander kant. Die studie verduidelik hoe hierdie aksies en reaksies tot die uiteindelike koms van die twee Jourdan-broers as deel van die Hugenote na Suid-Afrika in 1688 gelei het. Die projek dui ook aan dat ten spyte van die groot lewensverlies onder lede van die Waldensiese beweging sedert die 12de -eeu, asook die Hugenotebeweging wat parallel met die sienings van Luther en Calvyn was, -die godsdiensbewegings vandag nog in verskeie wêrelddele bestaan. Die onderdrukking van die twee bewegings in veral Frankryk het tot 'n groot uittog van Franse burgers na verskillende wêrelddele gelei. Die uiteindelike koms van die twee Jourdan-broers na Suid-Afrika sou onder meer 'n blywende indruk op hulle nageslagte en andere in Suid-Afrika laat. Ook in die onderskeie gemeenskappe waar lede van die Jordaan-familie woonagtig sou wees, is daar vandag nog getuienisse van hulle teenwoordigheid. Sedert die koms van die twee Jourdan-broers in Suid-Afrika sou hulle saam met die ander Hugenote aan die Kaap 'n stryd voer teen die VOC-owerheid vir godsdienstige, onderwys- en ekonomiese regte in hulle nuwe omgewing. Hierdie studie dui aan wat die omstandighede van die Jourdan-broers was en wat hulle gedoen het om ekonomiese oorlewing te verseker. Soos die getalle van die afstammelinge van die stamouers, Jean Jourdan en Isabeau le Long, toegeneem het, het die stelselmatige verspreiding van lede van die Jourdan-familie in Suid-Afrika begin. Die verspreiding begin in ongeveer 1741 en was teen 1955 bykans voltooi. Die studie dui aan hoe die verspreiding plaasgevind het en watter kulturele erfenis lede van die Jordaan-familie nagelaat het. Formules word gebruik om aan te dui wat die persentasie Hugenotebloed nog in die Jordaan-familie is. 'n Kaart wat die verspreiding van lede van die Jordaan-familie aandui en 'n kaart wat onder meer strate en ander plekke aandui wat na lede van die Jordaan-familie vernoem is, is ook geteken. Die verhouding tussen kulturele erfenistoerisme van die Jordaan-familie en die genealogie van die familie word ook bespreek. Die diskoers oor die oorsprong van die begrippe kultuur, erfenis en kulturele erfenis word breedvoerig bespreek. Hierdie gedeelte bespreek verder die begrip kulturele erfenis toerisme wat 'n nuwe konsep in Suid-Afrika is. Die laaste gedeelte van hierdie studie bespreek die vereistes wat oorweeg behoort te word tydens die beplanning van 'n kulturele erfenisroete vir die Jordaan-familie. Daar is verskeie faktore wat oorweeg behoort te word met die beplanning en oprigting sowel as inrigting van 'n interpretasiesentrum op die aanbevole kulturele erfenisroete vir die Jordaan-familie. Aan die hand van die wetgewing en ander bepalinge word daar 'n voorgestelde model vir kulturele erfenis in Suid-Afrika voorgestel. Die beplanning van 'n kulturele erfenisroete van die Jordaan-familie, wat insluit aspekte van volhoubaarheid, drakrag, die onderskeid tussen toeris en pelgrim en die vestiging van interpretasiesentra op strategiese plekke langs die roete, word bespreek. Die verskillende voorstelle beteken dat daar waarskynlik uiteenlopende opinies oor die onderwerp sal wees. Daar sal moontlik ook verskillende interpretasies oor die onderwerp wees wat die diskoers sal stimuleer vir 'n groter debat. Uiteenlopende opinies beteken nie dat daar noodwendig 'n regte of verkeerde mening sal wees nie .
Description
Keywords
Cultural heritage, Culture, Family, Genealogy, Heritage, History, Huguenots, Jordan, Protestants, Roman-Catholic Church, Route, Tourism, Waldensians, Jordaan family, Cultural property -- South Africa, Genealogy -- Jordaan family -- South Africa, Thesis (Ph.D. (History))--University of the Free State, 2005
Citation